Winterweggee

Wat word gedoen? Oorbodige klere en kombuisware word ingesamel en teen ʼn weggee-prys verkoop. Die opbrengs word verdeel tussen Loerie Kinderhuis in Bronkhorstspruit en Aftree-oorde in ons gemeente 

Wie is betrokke? 6 – 8 dames uit ons gemeente, sommige al meer as 20 jaar.

Wie word bereik? Loerie Kinderhuis in Bronkhorstspruit en Aftree-oorde in ons gemeente asook mense wat nie nuwe goed kan bekostig nie en winskopies kan koop.
Waar word dit gedoen? Eerste week in Junie verkoping in kerksaal en deurentyd word ingesamel.

Hoekom is dit nodig? Kopers waardeer dit en geld word aangewend waar groot behoefte is. Klere wat oorbly gaan na ʼn sendeling in Natal en word op uitreike uitgedeel bv. Matlala.

Hoe kan gemeente-lede betrokke raak? Skenkings is baie welkom en enige een is welkom om te kom help – sorteer, pryse maak en verkoop.

As jy meer wil uitvind oor ons Winterweggee program, skakel vir Rita Rademeyer 012 807 0808
Share by: