Mosambiek

Wat word gedoen?

Die Igreja Reformada Gemeente te Mapai word jaarliks besoek. Die doelwit is om die gemeente te ondersteun, gemeente-bediening deur Geestelik opbouing en om huisbesoek te doen by die gemeentelede en die huiskerke wat in die buitewyke gestig is. ‘n Tema word elke jaar voorberei wat dien as basis vir preke, gemeente-bediening, leierkorps opleiding en beïnvloeding van die huiskerkleiers. Hierdie huiskerke is tot so 80 km. vanaf Mapai gemeente en is gestig om woordbediening aan hul onmiddellike omgewing en gemeentelede aldaar te bring.  
Woordbediening word aan die hand van temas gedoen. In 2017 was die tema Josef, die dromer en geseënde van die Here. Dissipelskap en verkondiging van die Goeie Nuus aan die mense in die onmiddellike omgewing van wonings, ook deur getuienis, was die tema in 2018. Die verhaal van Thabitha wat baie vir die medemense gedoen het, maar gesterf het en deur Petrus opgewek is, was die tema in 2019. Hier was die doelwit om te wys hoe elkeen by barmhartigheid betrokke kan raak en om medemense te ondersteun. 

Skuilkrans en die Gideons gebruik ook die geleentheid om Bybel plasings te doen. Mapai gemeente word dan as basis benut om Bybelverspreiding aan gr. 10 leerlinge by twee skole in die omgewing te doen. Hierdie is ‘n hoogtepunt! Gedurende 2019 is 550 Bybels geplaas. Hierdie eksemplare was in Tsonga, Portugees en Engels.

Indien jy meer wil weet oor die Mosambiek uitreik, skakel vir Ds. Nico Swart of Deon van Garderen 082 448 8130 

Lees gerus ook die nuutste verslag, getiteld "Kniewerk gebedsbrief" deur hieronder te klik
Julie 2021 Verslag van die werk in Mosambiek

Getuienis van 2023 Mosambiek uitreik
Wie is betrokke?

Loot Burger is die sameroeper en organiseerder en het reeds ‘n verhouding met die leraarspaar en leierskorps van Mapai opgebou. 

 Die Gideons het betrokke geraak gedurende 2017 met Dr Willie Conradie, 2018 deur Oom Jos in 2019 weer deur Dr Willie. Die plasing van Bybels is hier die fokuspunt.

Waar en wanneer vind die uitreik plaas

Die uireik fokus op Mapai, ‘n plattelandse dorpie met min fasiliteite. Water is tot onlangs met die trein aangery en kosvoorrade baie beperk en duur. Paaie na Mapai in in slegte toestand met die gevolg dat ses ure benodig word om 280 km af te le. Paaie na een van die huiskerke en besoekpunte in die afgesonderde bos omgewing, is ook moeilik bereikbaar. Maar wat ‘n belewenis wanneer die lokale gemeentelede ons met vriendelikheid en oorgawe ontvang. Ten spyte van eie tekorte aan kos voorrade, word die tafels gedek en ons as besoekers versorg. 

Die streek word tydens Junie en Julie besoek om saam te val met hul winter en droe seisoen. Dan is muskiete ook minder en gevaar om malaria op te doen, heelwat skraler.  

Hoe kan gemeente-lede betrokke raak?

Voorbidding: 

 Gemeente kan bid dat Heilige Gees vooruit gaan en die mense van Mapai sal aanraak, hul ontvanklik maak vir die Woord en dat hul op hul beurt hul naaste van Jesus sal vertel. 

Uitbou van uitreikspan en uitstuur van uitreikspan: 

 Gemeentelede kan aansluit by die Uitreikspan vir ondersteuningsdienste tydens uitreike. Dit sal goed wees indien die uitreikspan deur die gemeente uitgestuur word soos die Woord ons leer.

Opstel van uitreik materiaal: 

 Soms word uitreik materiaal in vorm van plakkate, visuele hulpmiddels en aanbiedings materiaal benodig. Daar is ook ‘n behoefte aan eie-kultuur-kleuter Woordbediening, ouderdomsgroep 4 tot 7. Dieselfde geld vir die ouderdomsgroep 8 tot 12. Hier kan die kenners ons leiding gee!

Finansiele Ondersteuning en Behoeftige Hulpverlening:  

Finansies word altyd benodig. Vervoerkoste per voertuig beloop so R8000. Kospakkies en klere, veral vroue klere word benodig. Lg sal per afkondigings nader aan die uitreik datum bekend gemaak word.

4x4xChrist       
        
Raak betrokke met u voertuig, verkieslik ‘n 4x4
U stel uself en u voertuig beskikbaar vir uitreike
U bestuur self u voertuig en word so deel van die uitreikspan
Registreer by kerkkantoor: info@skuilkrans.co.za

Inligting benodig: Naam, selfoonnommer, voertuig beskrywing.

Ons sal: 

Register byhou en ‘n whatsapp groep stig waardeur inligting en reëlings deurgegee sal word. 

Hoekom is dit nodig?

Skuilkrans Gemeente ondersteun die Mapai Gemeente finansieel deur ‘n gedeelte van die leraar se traktement aan die Viva Novada sinode te betaal. Hul betaal dan sy traktement. Die Mozambique uitreik is ten tye van Ds Louw en Mev Fransie Louw geinisieer in 1984. Fokus was nog altyd om opleiding aan leierskorps te verskaf, gemeentebediening deur preke, temas en visuele hulpmiddels uit die Woord.  Hiermee kon leierskap dan op hul beurt Wooordbediening doen. Bemoediging van leierskap is krities nodig om moedeloosheid hok te slaan, veral in die stryd teen voorvader geeste en sulkse bindinge.

Bemoediging deur huisbesoek en huiskerk besoek in die boendoes vorm ook ‘n belangrike deel van die uitreik. Geestelike opbou deur Woordbediening is die kruks van huisbesoek. Bybelverspreiding tesame met die Gideons is die tweede been van die uitreik. Die Distriks Kommissaris, Direkteur van Onderwys en Skoolhoofde vertrou huidig die uitreikspan en ons word baie positief en vriendelik ontvang.  
Share by: