AANBIDDING

BEDIENING RONDOM EREDIENSTE

MUSIEKBEDIENING

In NG Skuilkrans speel musiek ‘n baie belangrike rol in ons aanbidding tot God.  Ons laat God toe om ons musiektalente tot Sy eer te gebruik en probeer ‘n atmosfeer skep waar lidmate God se teenwoordigheid kan beleef.

Ons is geseënd met begaafde musikante wat ons verskillende eredienste lei:  by die oggend-eredienste is Francois van Niekerk orrelis en musiekleier; Marcel Dednam is die pianis en musiekleier by die aanddienste;  en Jane Steenkamp is die pianis en musiekleier by die gesinsdienste.  Hierdie musikante werk baie nou saam met die predikante om seker te maak dat die musiek wat gesing word, inpas by die boodskap.

Ons oggend-erediens is meer klassiek van aard met orrel- en klavierbegeleiding uit die Liedboek en Vonk.  Die aand-erediens is meer informeel met eietydse en kontemporêre musiek in Afrikaans en Engels en ‘n wye verskeidenheid musiek word gesing en begelei deur kitaar, viool, fluit, trom, baskitaar en saksofoon.  In ons gesins-eredienste word die musiek gekies wat veral laerskoolkinders sal verstaan en kan saamsing.

Ons is geseënd met ‘n gemeente wat musiek waardeer en dit geniet om saam te sing en gebruik graag die talente van ons gemeente om in die verskeie eredienste leiding te neem met sang of om ‘n instrument te speel.  Kontak gerus vir Isabelle van Rensburg indien jy sou belangstel om deel van Skuilkrans se musiekbedieningspan te word.

DEURDIENS EN GASVRYHEID


Die doel van hierdie diens is om erediensgangers vriendelik te ontvang en besoekers tuis te laat voel. Ons is altyd op soek na hartlike, gasvrye mense wat met dié bediening kan help. Skakel gerus die kerkkantoor (012 804 7787) indien u belangstel om te help.

NAGMAAL EN DANKOFFERS

Die doel van hierdie diens is om die dankoffers op te neem tydens eredienste en met die bediening van Nagmaal te help.  Skakel gerus die kontakpersone hiernaas indien u belangstel om te help.

ELEKTRONIESE MEDIA

Die doel van hierdie diens is om klank en beeldmateriaal by eredienste en byeenkomste te versterk en te projekteer, sodat erediensgangers met gemak kan deelneem.  Hier word daar ook gereeld persone benodig.  Indien jy rekenaar- of klankvaardig is, kontak ons gerus.  Opleiding word verskaf om seker te maak jy weet wat aangaan.

GEBEDSBEDIENING

Die doel van hierdie diens is om gebedsinisiatiewe te loods en die saak van gebed te bevorder.

BIBLIOTEEK

Die doel van hierdie diens is om deur die uitleen van boeke  op Sondae na eredienste lidmate se geloof te versterk.  Maak gerus 'n draai by die Dawid Bosch-leeskamer.
Share by: