Kampe en uitreike

Alpha kamp

Deel van ons Alpha-Kursus is 'n wonderlike kamp naweek wat bekend staan as "Heilige Gees naweek." Die hele naweek handel oor die tema van die Heilige Gees. Soos die res van die Alpha-kursus, handel hierdie kamp ook rondom verskeie video's en gespreksgeleenthede oor die tema van die Heilige Gees. 

Die Alpha naweek is 'n wonderlike geleentheid om saam te kom dink en vrae te vra. Dit is 'n geleentheid om verhoudings te bou, nuwe vriende te maak en 'n wonderlike geestelike ervaring te beleef. Jy moet egter die Alpha-kursus bywoon om die kamp ook by te woon. 

As jy meer inligting van die Alpha-Kursus wil hê, volg hierdie skakel:
Alpha-Kursus

Mosambiek uitreik

Skuilkrans is al verskeie jare betrokke by sending in Mosambiek. Skuilkrans is betrokke by twee gemeenskappe. Die een gemeenskap is die gemeente in Mapai. Ons ondersteun ook die Mapai gemeente se predikant maandeliks.  Die ander gemeente is in die dorpie van Cinakunene. Dit is 'n klein gemeenskappie in 'n landelike gebied in Mosambiek. 

Op 'n Mosambiek uitreik woon ons in die gemeenskap wat ons besoek. Ons help die gemeentes met opknapwerk van hulle kerkgeboue, gaan besoek mense in die omgewing, deel kospakkies uit, besoek skole saam met die Gideons Bybelgroep en groei ook self geestelik. - Indien jy meer oor die Mosambiek uitreik wil uitvind, skakel gerus vir Ds. Nico Swart.
Share by: