Wanneer iemand naby aan jou sterf, is daar skielik baie take wat jou aandag vereis en verrig moet word. Hieronder is 'n kort opsomming wat jou deur hierdie moeilike tyd kan help:
* Indien die dood onverwags intree, skakel nooddienste om 'n ambulans te ontbied.
* Indien die persoon aan onnatuurlike oorsake oorlede is, ontbied die polisie, waarna 'n nadoodse ondersoek gedoen sal word.
* Skakel 'n begrafnisondernemer wat alles rondom die begrafnis of verassing sal hanteer.
* Skakel die oorledene se lewensversekeringsmaatskappy.
* Kry die volgende belangrike dokumente bymekaar:
- Testament
- Doodsertifikaat
- Geboorte- en huweliksertifikaat
- ID-dokumente
- Aktes en besigheidsooreenkomste
- Belastingopgawes, inkomstestate en rekeninge
- Voertuigregistrasiedokumente en bankrekeninge
- Leningooreenkomste
- 'n Foto van die oorledene vir die begrafnisbrief
Wees ook voorbereid op onvoorsiene uitgawes en hou in gedagte dat dit soms meer as 'n jaar lank kan duur voordat die proses afgehandel is. Baie belangrik - sien om na jouself en jou gesin, maak gebruik van ons ondersteuningsnetwerk en maak voorsiening vir die rouproses.