PASTORALE VERSORGING

Ons gemeente, as liggaam van Christus, is ‘n gemeente waar lidmate mekaar versorg.
Dit beteken dat ons, as “gemeenskap van gelowiges”, vir mekaar omgee en mekaar se hande vat. 

Onderlinge Sorg kan met die twee woorde, verhoudings en versorging, omskryf word. Die Griekse terme hiervoor is “Koinonia” en “Paraklesis”. Die woord, “Koinonia” kan vertaal word as saam-wees, gemeenskap of diepe konneksie tussen ‘n groep mense. “Paraklesis” gaan oor “the welfare of the living”, dit verwys na versorging, vertroosting en bemoediging.

As ons dink aan onderlinge sorg, dink ons aan liefde wat geleef word, warmte, ‘n gevoel van behoort, vriendskap en omgee. Dit alles kom net uit God wat ons eerste kies – onderlinge sorg is die uitleef van genade wat ons reeds by God ontvang het

Ons versorg mekaar op verskillende maniere:

Klik asseblief op die volgende skakel en gee jou mening oor die huidige stand van ons Onderlinge Sorg Bediening.

Insette oor wat gedoen kan word om ons lidmate beter te versorg, sal  waardeer word.

Indien jy meer wil weet oor ons Onderlingesorg bediening, skakel gerus vir Ds. Willem Boshoff
Ds. Willem Boshoff
Share by: