Ondersteuning

'n Groep vrywilligers, word begelei om onbevooroordeeld en met opregte belangstelling te luister na ander se lewensstories en op te tree as gespreksgenote wat saamreis op die pad na genesing. Daar word baie versigtig en met groot respek in ander se probleemstories gedeel en in gesprek gegaan oor waar hul nou in hul lewens is en waar hul graag sal wil wees. Dis 'n bediening waar ons:

*Saambid vir leiding.

*Saamgesels oor onlangse of lank terug se trauma. 

*Saamgesels oor verhoudingsprobleme. 

*Ondersteunende gesprekke het tydens 'n egskeiding en ook daarna. 

*Saamgesels oor depressie, of enige ander krisissituasie wat mag opduik in die lewe. 

*Glo dat elke persoon wat kom vir berading die kenner van sy/haar eie lewe is. 

*Waar ons die pad na herstel saam met jou stap en nie vir jou nie en indien nodig verwysings doen.


Vertroulikheid word baie belangrik geag,

 sodat mense wat in gesprek wil wees met ons, veilig kan voel en kan weet dat wat gesê word tydens gesprekke net tussen ons sal bly. 


Indien jy 'n oor nodig het om te luister,

skakel gerus 063 712 6346 vir 'n afspraak met een van ons hulpwerkers.

Klik hier om Ondersteuningsbediening te skakel
Share by: