Matlala - Lepele bediening


Vir meer inligting oor ons Matlala - Lepele bediening, skakel vir ds. Nico Swart. 
WAT WORD GEDOEN?

VGK Lepelle wyke:
Ds. Gawie help by tien wyke met hoofsaaklik bejaardesorg, want die leraar (ds. Nchabeleng) behartig die wyke.

Matlala sendingstasie:
Hier is ʼn klompie geboue wat gedurig onderhoud en terreinversorging nodig het. Die pastorie en outreach house word verhuur aan ʼn uitreikgroep van Roodepoort, genoem Tehilia Hands of Abba. Hulle doen een naweek per maand siekesorg in die hospitaal en kinder-evangelie in vier wyke. Die maandelikse huurgeld word aan die VGK Lepelle Gemeente oorbetaal.

Wykskerkies:
Die groep Lepelle het 18 wyskerkies wat voortdurend onderhoud benodig.

WIE IS BETROKKE?

Gawie Jordaan (oud-sendingleraar), ds. Moroaswi, dr. Nchabelang (leraar), mnr. Monakedi (kassier), Moses Nkgadima (faktotem), Tehilia Hands of Abba, Skuilkrans NG Kerk- groep vir geboue-sorg, ECHO Jeug se winterkamp.

WIE WORD BEREIK?

Gawie Jordaan help die leraars van Lapelle VGK met die versorging van bejaardes en sekere wyke met nagmaaldienste.
Die Roodepoort Uitreikgroep (Hands of Abba) het ʼn kinderbediening waar kinders met die Woord bedien word. Hulle doen ook siekesorg in die hospitaal en het ook klasse in naaldwerk vir die vroue.


WAAR WORD DIT GEDOEN?

Matlala is die hoofsendingstasie, maar dit vorm deel van VGK Lepelle. Die wyk word Tsimanyane genoem. Dit is 40 km. van Marble Hall af. Van hier af word die verskillende wyke bedien – die naaste een is 15 km van Matlala af en die verste een 180 km.

WANNEER WORD DIT GEDOEN?

Oom Gawie gaan een naweek per maand vir drie dae.
Die Roodepoort uitreikgroep gaan ook een naweek per maand vir Saterdag en Sondag.
Die ECHO jeuggroep van ds. Jaco Strydom gaan vir tien dae tydens die winter skoolvakansie.
NG Skuilkrans se senior lidmate uitreikgroep gaan een keer per jaar om die kerkgeboue te herstel.
HOEKOM IS DIT NODIG?

Dis goed om hulp te verleen aan die VGK (ʼn susterskerk).
Wit lidmate skakel met ʼn ander kultuur- en taalgroep en verder bied dit geleentheid vir ekumeniese opbou van die Liggaam van Christus.
Dit skep geleentheid vir getuienisbediening buite ons gemeente-grense.
Sodoende kan ʼn verskil gemaak word aan mense se lewens.

HOE KAN GEMEENTELEDE BETROKKE RAAK?

Ons kan kragte saamsnoer met ECHO jeug.
Lidmate kan ons geloofsofferfonds ondersteun met verskei projekte en noodbediening.
Die Getuienisbedieningsbestuur kan ondersteun word met voorbidding vir leiding met hoe en waar en in watter mate ons moet betrokke wees.
Matlala sendingstasie kan besoek word vir ʼn geestelike uitstappie.

Share by: