Senior Aksie

Skuilkrans se Senior-aksie is ‘n aksie wat gemik is op die lidmate wat reeds afgetree is, tipies ouer as 65 maar jonger afgetredenes is net so welkom.  Enige lidmaat en besoekers is welkom om enige van ons byeenkomste by te woon. 

Die Senior-aksie het een keer per maand ‘n byeenkoms met een of ander tema wat gemik is op die behoeftes en belangstelling van senior lidmate.  Aanbiedings word gedoen oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe wat temas soos geldsake, gesondheid, keuse van ‘n aftree-oord, musiek-aanbiedings, die geskiedenis en vele meer. Die Aksie pak ook van tyd tot tyd spesifieke projekte aan om bv. geld in te samel vir ‘n spesifieke behoefte iewers.  

Verder is die senior lidmate baie aktief by geleenthede soos die jaarlikse karnaval en ander geleenthede waar hande benodig word om werk te doen. 

Vir meer inligting skakel gerus die Kerkkantoor.
Share by: