Skuilkrans NG Netwerk
(Rugsteun en Ondersteun)


Rugsteun is ‘n  aksie wat Skuilkrans-gemeente in 2018 begin het. Die woord Rugsteun gaan sommige van julle wat baie met rekenaars werk dadelik laat dink aan  dokumente wat veilig weggebêre word (Engels ‘backups’), maar die groot verklarende woordeboek (HAT) verwys na hierdie woord as ‘kragtige hulp’ en ‘meelewing’. dít is ons visie met hierdie aksie: om hulp te verleen aan persone wat sukkel in die moeilike arbeidsmark waarin ons leef. 

Van 2021 af is Rugsteun saam met Ons Ondersteun (waar entrepreneurs kon adverteer) vervat in 'n nuwe Facebook-groep: Skuilkrans NG Netwerk.  

Netwerk fokus op twee afdelings:
  • Die Beroepe-netwerk wat werksoekers en –verskaffers bymekaar uitbring. 
  • Die Ondersteun-netwerk waar entrepreneurs, kleinsakeondernemings, en lidmate met talente en gawes  dienste of produkte gratis  kan adverteer.

Daarom vra ons lidmate om kragtige hulp, meelewing en ondersteuning te verleen aan gemeentelede wat werksoekers is of wat produkte of dienste aanbied. 

Like ons asseblief op Facebook.

Bid asseblief vir hierdie mense. 

Dink ook aan mense in u gesin, vriende- of werkkring by wie u bietjie voorbrand kan maak en vra dat hulle ‘n onderhoud sal voer met een of meer van ons werksoekers of ons adverteerders sal ondersteun. Ons is nie ‘n werkverskaffingsburo nie. U as lidmaat bring net ons werksoekers of adverteerders onder die aandag van mense wat die Here self op u harte sal lê.

Let daarop dat NG Skuilkrans Netwerk net ‘n platform en ‘n geleentheid bied en geen produk, diens of CV onderskryf of waarborg nie. 

Advertensies van produkte / dienste vir plasing op Facebook kan gestuur word aan helenelouw437@gmail.com

Werksoekers en –aanbieders klik asseblief hieronder vir 'n vorm om te voltooi.  Stuur dit terug aan die adres hierbo. 
Vorm vir werksoeker en -aanbieders

Kontak Skuilkrans NG Netwerk

Share by: