ONS LERAARS


DS. NADINE SWANEPOEL

New Paragraph


DS. YOLANDÉ GILIOMEE

Ek is Yolandé Giliomee en ons gesin is al sedert 2001 lidmate van Skuilkrans gemeente. In 2002 het ek ingeskakel by die Gesinsdiens-preekgroep en is sedertdien betrokke by die Gesinsdiens en Kleuterkerk. Gesinne en verhoudings is vir my belangrik, omdat ons ’n God van verhoudings aanbid. Dis my passie om saam met ouers en kinders hierdie verhoudings te ontgin, te herstel of te laat groei. My ander sagte plek lê by ouers met kinders wat spesiale behoeftes het. Ek is getroud met Chris en ons het twee kinders: Thea en Francois.

DS. NICO SWART

Ek kom van Stellenbosch en het daar skoolgegaan en teologie studeer.  Daarom is ek baie lief vir die berge en die see, asook ‘n glasie rooiwyn saam met ‘n vleisie op die kole.  Ek hou daarvan om rugby te kyk, veral as die Stormers en Paul Roos ‘n slag goed speel.  Oor die algemeen is ek versot op sport en avontuur en oefen - ek dink ek het ‘n spiritualiteit van sweet.  Ek hou van Ysterman (driekamp), bergfiets ry en pelgrimstogte oor berge en langs die see.  Die Getuienisbediening is my verantwoordelikheid en ek wil graag ons gemeente mobiliseer om meer en meer betrokke te raak by die nood van die wêreld en by kerkeenheid.  Ek is getroud met Chené en ons het twee seuns.

DS. WILLEM BOSHOFF

My vroegste wortels is in Skuilkrans waar ek in 1975 by ds. Eugen Kruger gekatkiseer het.  Ek is met Elfriede getroud en ons het twee dogters en ‘n seun, asook vier kleinkinders.  Ek was sedert 1987 verbonde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), waar ek professor in Ou Testament en Bybelse Argeologie was.  Na verdere studie in Argeologie het ek ook geregistreer as ‘n professionele argeoloog in Suid-Afrika.   In my vrye tyd geniet ek dit om voëls te bestudeer en is ook ‘n passievolle Voortrekker.

ONS PASTORALE HULPE


PROF. PIET MEIRING

Toe ek in 2006 as professor in Teologie aan die Universiteit van Pretoria afgetree het, het Skuilkrans my genooi om ’n deeltydse lid van hul predikantespan te word.  Dit is ’n heerlike geleentheid, want “aftree” beteken nie “mors-aftree” nie.  My verantwoordelikhede het veral met senior lidmate te doen - eredienste by die Palms Renaissance Aftreeoord, Bybelstudie op Donderdagoggende, hospitaalbesoeke en af en toe ’n preekbeurt in Skuilkranskerk.  Ek is getroud met Linda en saam het ons ’n handvol getroude kinders en ’n respektabele klompie kleinkinders - in ons eie land, asook in Nieu-Seeland en Engeland.  My stokperdjies is tuinmaak en om musiek te versamel.  Een van die groot geheime van my lewe is dat ek as student hard probeer het om ’n klarinetspeler te word - sonder veel sukses.  ’n Simpatieke kunstenaar het my getroos:  “Onthou maar, Piet - in die musiekwêreld is daar twee groepe nodig en altwee is ewe belangrik:  dié wat mooi musiek maak en dié wat na mooi musiek luister.”

Ds. Lion Pienaar

Ek het op Brits grootgeword. My ouers wat albei by Brits Hoërskool onderwysers was, het vir my en my broer Gustaf na Hoër Volskool in Heidelberg gestuur waar ons albei gematirkuleer het. Na matriek was ek vir ‘n jaar in die Leërgimnasium op Voortrekkerhoogte, wat ek baie geniet het. In Januarie 1975 is ek as predikant bevestig in Umtali, Rhodesië. Daarna was ek ook predikant in Boksburg-Oos, Villieria en my laaste gemeente was Skuilkrans. In 2015 behaal ek die MTh graad in Bybelse Spiritualiteit aan die Universiteit van die Vrystaat.
Ek is baie lief vir sport en het rugby, tennis en gholf gespeel en in my jong dae was ek ook ‘n ernstige atleet. Na twee knie- en heupvervangings ry ek tans net bergfiets en geniet verder die sport op TV.
Ek is getroud met Marthe, ‘n Opvoedkundige Sielkundige. Ons het 5 kinders en 9 kleinkinders. Ek is verantwoordelik vir Renaissance Aftree-oord waar ek een keer per maand preek en gedurende die week besoeke doen waar nodig.

Share by: