Thabita naaldwerk

Die Tabita Naaldwerkklas is `n projek van die Getuienisaksie van die NG kerk Skuilkrans Pretoria. Dit het baie klein begin in Maart 1982 deur Barbara Potgieter en Helene Gertenbach in Helene se tuin met een naaimasjien en twee studente. Die klasse is dus vanjaar 33 jaar oud! Dit het egter baie vinnig uitgebrei en die klasse het eers verskuif na die Bodemers se motorhuis en toe uiteindelik na lokale by die kerk. 


Gemeentelede het naaimasjiene geleen of gegee en geld is ook deur die kerkraad gegee vir die aankoop van `n aantal nuwe naaimasjiene.  Materiaal word dikwels geskenk deur gemeentelede.


Studente betaal R30 per jaar vir naalde, spelde ens en betaal ook vir die materiaal wat hulle gebruik indien daar nie materiaal is wat hulle van hou nie. 


Aan die einde van die jaar word ‘n afsluitingsfunksie gehou. Die tafels word gedek met heerlike eetgoed en dan kry die studente kans om vir die gaste te wys wat hulle die jaar gemaak het.


By die naaldwerkklasse praat ons ook oor mekaar se hartseer en ander probleme en gee raad waar moontlik. Ons het regtig deur die jare ‘n familie geword. 


Die Here het nog elke jaar helpers voorsien wat leerders leer om om naaldwerk, breiwerk en hekelwerk te doen. Kinders van die Loeriekinderhuis ontvang gereeld ‘n pragtige trui, mus, serp en kombers wat deur die naalwerkleerders en helpers gemaak is.


Die naaldwerkklasse is `n geleentheid om die gawes wat ons van die Here ontvang het met ander te deel en dan self ook sommer nog verder verryk te word. 


Indien jy meer inligting wil hê oor die Tabita naaldwerkgroep, kontak vir Irma Loots 082 824 6235



Share by: