HULPNOMMERS:
Trauma
Silverton Polisie (trauma
afdeling)
(012)804 8181 / (012)845 4000
FAMSA (beradingsentrum)
(012) 460 0733/8
Denmar Psigiatriese Kliniek
(012) 998 6062/3 / (012)
993 2015/6
Maatskaplik
CMR Silverton
(012)
804 1928
CMR Meyerspark
(012) 803 1978
Behuising (plekke van veiligheid)
Dankie Sorgsentrum
084 841 4848 / 071 649 8119
Genadeplaas
(012) 546 7403 / 546 7218
Melgisedek – (012) 326 5300
Heilsleër
(012)327 3525 / 327 3005 / 341 1781
Huis Vos (straatkinders) – (012) 343 1373
Kruispad – 072 634 6426
Potter’s House (vroue en kinders)
(012) 320 2133 / 320 5574
Kospakkies
Jireh Projek – NG Skuilkrans
Meals on Wheels (vir bejaardes)
(012) 460 3433
CMR
Leef Weer Trauma Sentrum
‘n Span opgeleide vrywilligers is beskikbaar vir
gesinsterapie en trauma berading.
Skakel gerus 073 289 9417
Belangrike datums
20-22 Jan.
Dissipelkamp te Monate vir groepleiers
22 Jan.
Groeigroepe en Tiener-dissipelgroepe skop af
29 Jan.
Familiekerk 17:00 vir tieners en ouers (Nagmaal)
3-5 Feb.
Belydenisklaskamp te Kwaggasrus
17-18 Feb.
Graad 4-6 Kamp te Kwaggasrus
24-26 Feb.
Jeugkamp te Altelekker
|
Tye |
22 Januarie 2012 |
29 Januarie 2012 |
|
09:00 - Erediens 09:00 - Gesinsdiens |
Ds. Auke Compaan Ds. Arno Meiring |
Ds. Lieze Meiring Ds. Dion Van Dyk |
|
09:30 - Erediens (Silv) |
Ds. Dion Van Dyk | Ds. Arno Meiring |
|
17:00 - Familiediens (tieners en ouers) 18:30 - Aanddiens 18:30 Renaissance |
Geen Ds. Nico Swart Geen |
Ds. Nico Swart Ds. Auke Compaan geen |
Jeuggroepe: 10:00 Kinders
17:00 Tieners
|
DATUM |
TEKS |
TEMA |
|
Sondagoggend 22 Januarie |
Mattt. 6:5-15 (v9) |
Ons Vader wat in die hemel is, laat U naam geheilig word |
|
Sondagaand 22 Januarie
|
Matt. 6:10a |
Laat U koninkryk kon … |
|
Maandagaand 23 Januarie
|
Matt. 6:10b |
Laat U wil geskied … |
|
Dinsdagaand 24 Januarie |
Matt. 6:11 |
Gee ons vandag ons daaglikse brood |
|
Woensdagaand 25 Januarie
|
Matt. 6:12 |
Vergeef ons ons oortredinge soos ons die vergewe ... |
|
Donderdagaand 26 Januarie |
Matt. 6:13 |
Laat kom ons nie in die versoeking, maar verlos ons van die Bose... |
Dallas Willard skryf: “Discipleship is not for the sake of the church, the church is for the sake of discipleship. The church is for discipleship and discipleship is for the world – the world which God loves. Discipleship is not a religious thing, but a life thing.”
David Bosch in sy boek “Transforming Missions” maak ‘n baie sterk saak daarvoor uit dat Matteus 28:18-20 die sleutel tot die verstaan van die hele evangelie van Matteus is. Dit is ook die kern-opsomming van hoe ‘n gemeente moet funksioneer as missionêre Jesus beweging in ‘n vyandige, nie-Christendom.
Volgens Matteus 28:18-20 is die bestaansdoel en hooftaak van ‘n gemeente om mense dissipels van Jesus te maak! Dissipels van Jesus maak dissipels van Jesus! Dissipels van Jesus, beklee met Jesus se goddelike gesag, maak dissipels van mense, binne die realiteit van die Drie-enige God, en leer hulle om in hul alledaagse lewe alles te onderhou wat Jesus, hul Here, beveel het. En dan is daar die wonderlike Immanuel-belofte daarby: “En onthou Ek is by julle tot die voleinding van die wêreld.”
Skuilkrans gemeente, met al haar wonderlike mense, bedieninge en aksies, moet haarself in 2012 opnuut toets aan Matteus 28:18-20. Is ons regtig besig waarmee God besig is? Is ons dissipels van Jesus wat mense dissipels van Jesus maak? Is al ons bedieninge en aksies intensioneel gerig hierop? Die einddoel van dissipelskap is natuurlik om te wees soos Jesus, om letterlik klein Jesus’e op aarde te wees, om agente van God se shalom te wees: “Laat U wil op aarde geskied soos in die hemel.”
Ons as Kinder- en Jeugbediening soek dissipelmakers vir 2012. Dit kan enigiemand wees wat ‘n dissipel van Jesus is of graag ‘n dissipel van Jesus wil wees.
‘n Dissipel van Jesus is wesentlik ‘n leerling en volgeling van Jesus Christus, iemand wat uit genade gered is en kies om Jesus radikaal te volg en Sy opdragte uit te voer. ‘n Dissipelmaker is eenvoudig gestel iemand wat soos Paulus (met al sy swakhede en dorings in die vlees) vir mense kan sê: “Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.” (1Kor.11:1). “En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.” (Fil.4:9) Interessant, weer die Immanuel-belofte saam met dissipelskap!
Ons almal weet dat kinders volg hulle ouers se voorbeeld slaafs na. Dit maak van elke ouer (en groot-ouer van kleinkinders) ‘n dissipelmaker (ten goede of nie). Daarom is ons kinders en kleinkinders ons eerste “linie” van dissipel maak. Wat ‘n wonderlike voorreg (of angswekkende realiteit?)! Hulle word soos ons!
Wie wil graag kinders en tieners dissipels van Jesus maak? En deel wees van ‘n span dissipels wat mekaar dissipels van Jesus maak? Die uitnodiging is vir ouers, grootouers, maar ook vir jong werkendes en studente wat deel van ons dissipel span wil uitmaak. Volgende naweek, 20-22 Januarie, hou ons ‘n Dissipelkamp by Monate, ‘n pragtige private wildsplaas, en die koste is slegs R100 per persoon. Indien jy deel van die Dissipelspan (“kategete”) wil wees vir 2012, moet jy asseblief hierdie toerustings-kamp bywoon. Gesels asseblief met een van die leraars na afloop van die eredienste. Kontak Gerda 084 588 3438 of Nico 083 678 8290 vir meer inligting.
Ds. Nico Swart
