ADMINISTRASIE

Die diensgroep vir Leiding en Administrasie ondersteun die vyf hoofbedieningsgroepe in die gemeente sodat ons die gemeente kan wees wat God bedoel het ons moet wees.  Hierdie bediening funksioneer nie altyd op die voorgrond nie, maar is ‘n uiters belangrike deel van ons gemeente:

FINANSIES

Die Kerkraad en gemeenteleiers weet dat geen van ons bedienings sonder finansies moontlik is nie.  Ons is daarom dankbaar vir al die offers waarmee God ons seën en is verbind tot die baie noukeurige bestuur daarvan.  Ons dankoffers
is ten nouste verweef met ons verhouding met God en daarom vra ons jou om dit biddend te oorweeg.

Ons gee op drie maniere in die gemeente:

1.  Dankoffers in die eredienste
2.  ‘n Maandelikse offer (elektronies of deur die Kerkkantoor)
3.  ‘n Jaarlikse 10de maand Dankoffer.

Vir enige navrae, kontak Annemarie Mouton by 012 804 7787 .
Debietordervorm

DIENSVERHOUDINGE

Diensverhoudinge ondersteun die gemeentebedrywighede met administrasie en instandhouding. Ons personeel is vir ons baie belangrik - hulle is die beheerkamer van die gemeente wat seker maak alles gebeur wat moet gebeur.

Indien jy enige vrae of versoeke het, kontak vir Hendrik Badenhorst by 082 9501 848.

KOMMUNIKASIEKOMITEE

Skuilkrans het ‘n span wat seker maak alle inligting kom by die regte plekke uit.  Hulle is in beheer van die webtuiste,
Facebook-bladsy en alle kommunikasie wat versprei word in die gemeente.  Indien jy enige vrae of voorstelle het,
kontak Gretel Steyn by 012 804 7787.

BEGRAFNISSE

Kontak asseblief  vir Francisca Harris (076 8598 897) vir alle reëlings betreffende begrafnisse

BESPREKING VAN  FASILITEITE

Francisca Harris hanteer besprekings van lokale en kan gekontak word by 076 8598 897
Share by: