ONDERLINGESORG
As liggaam van Christus, is Skuilkrans 'n gemeente waar lidmate mekaar versorg.
Dit beteken dat ons, as “gemeenskap van gelowiges”, vir mekaar omgee en mekaar se hande vat.
Raak gerus betrokke by die Onderlingesorgbediening of kontak ons as jy self gebed, berading, ondersteuning benodig.

KLEINGROEPE
Ons nooi jou om in te skakel by 'n kleingroep.
Daar is 'n verskeidenheid groepe wat op verskillende tye en plekke vergader:
- Bybelstudiegroepe - soggens of saans
- Gebedsgroepe
- Ondersteuningsgroepe vir depressie; kanker; egskeiding; ouers wat 'n kind aan die dood moes afstaan ens.
- Groepe vir matrieks, studente of jong werkendes
Groepe vergader by huise, of by die kerk en sommige hou net kontak op WhatsApp.
Jy kan ook laat weet wat jou besondere behoeftes is.
Raak deel van 'n geloofsfamilie in die gemeente!
Ondersteuning
Indien met iemand wil praat, kontak gerus die kerkkantoor, gooi 'n briefie in die posbus in die voorportaal van die kerk, of stuur gebruik die skakel hieronder:
BESOEKE
Skuilkrans volg 'n kategoriale model vir besoeke, maar u is welkom om enige leraar te skakel.
Leraars:
Ds. Yolandé Giliomee - Gesinne met kinders tot graad 6
Dr. Nadine Swanepoel – Ouers en kinders graad 7 - 12, studente en jong werkendes
Ds. Nico Swart – Volwassenes sonder kinders
Ds. Willem Boshoff – Alle persone bo 70 jaar oud.
Aftree-oorde:
Masonic Haven en Selrosepark – Ds. Willem Boshoff
Brummeria Renaissance – Ds. Lion Pienaar
SENIORAKSIE
'n Groep vir senior lidmate vir sake en byeenkomste wat seniors raak. Byeenkomste word gewoonlik een keer per maand op ‘n Donderdagoggend gehou. Hou gerus die afkondigings dop. Almal is welkom!
ENTREPRENEURS
Skuilkrans NG gemeente wil graag entrepreneurs en organisasies ondersteun in ons plaaslike gemeenskap.
Sluit gerus aan by Skuilkrans-netwerk op Facebook.
Adverteer gerus jou besigheid, produk of diens in ons gemeente se aanlyn nuusbrief @ R100
per week of R300 per maand.
Stuur jou advertensie en bewys van betaling na die kerkkantoor voor Donderdae 10:00.
Gebruik die verwysing SKNAdvert.
Rekeningnaam: Skuilkrans NG Gemeente
Tak: ABSA
Takkode: 632005
Tipe rekening: Tjekrekening
Rekeningnommer: 70580403
