ONDERLINGESORG
As liggaam van Christus, is Skuilkrans 'n gemeente waar lidmate mekaar versorg.
Dit beteken dat ons, as “gemeenskap van gelowiges”, vir mekaar omgee en mekaar se hande vat.
Raak gerus betrokke by die Onderlingesorgbediening of kontak ons as jy self gebed, berading, ondersteuning benodig.
Kleingroepe,
Diakens
Ondersteuningsbediening,
Senioraksie
Siekebesoekspan,
Gebedsbediening
Skuilkrans-Netwerk
Gemeentekamp
Alimentasie en CMR-skakeling
Gasvryheidsbediening
Waar kan jy betrokke raak?
- Skakel in by kleingroepe
- Word ’n diaken wat 6-10 lidmate bel en versorg
- Help met siekebesoek, maatskaplik, beraders
- Bid saam vir ons gemeente
- Skakel in by senioraksie
- Help met die reël van die gemeentekamp
- Deel word van die groepe wat help met bak, blomme bring, koffie- en teeskink en dekor.
KLEINGROEPE
Ons nooi jou om in te skakel by 'n kleingroep.
Daar is 'n verskeidenheid groepe wat op verskillende tye en plekke vergader:
- Bybelstudiegroepe - soggens of saans
- Gebedsgroepe
- Ondersteuningsgroepe vir depressie; kanker; egskeiding; ouers wat 'n kind aan die dood moes afstaan ens.
- Groepe vir matrieks, studente of jong werkendes
Groepe vergader by huise, of by die kerk en sommige hou net kontak op WhatsApp.
Jy kan ook laat weet wat jou besondere behoeftes is.
Raak deel van 'n geloofsfamilie in die gemeente!
ONDERSTEUNINGSBEDIENING
'n Groep vrywilligers, luister onbevooroordeeld en met opregte belangstelling na ander se lewensstories en tree op as gespreksgenote wat saamreis op die pad na genesing. Daar word baie versigtig en met groot respek in ander se probleemstories gedeel en in gesprek gegaan oor waar hul nou in hul lewens is en waar hul graag sal wil wees. Dis 'n bediening waar ons:
- Saambid vir leiding.
- Saamgesels oor onlangse of lank terug se trauma.
- Saamgesels oor verhoudingsprobleme.
- Ondersteunende gesprekke het tydens 'n egskeiding en ook daarna.
- Saamgesels oor depressie, of enige ander krisissituasie wat mag opduik in die lewe.
- Glo dat elke persoon wat kom vir berading die kenner van sy/haar eie lewe is.
- Waar ons die pad na herstel saam met jou stap en nie vir jou nie en indien nodig verwysings doen.
Vertroulikheid word baie belangrik geag, sodat mense wat in gesprek wil wees met ons, veilig kan voel en kan weet dat wat gesê word tydens gesprekke net tussen ons sal bly.
Indien met iemand wil praat, kontak gerus die kerkkantoor.
BESOEKE
Skuilkrans volg 'n kategoriale model vir besoeke, maar u is welkom om enige leraar te skakel.
Leraars:
Ds. Yolandé Giliomee - Gesinne met kinders tot graad 6
Dr. Nadine Swanepoel – Ouers en kinders graad 7 - 12, studente en jong werkendes
Ds. Nico Swart – Volwassenes sonder kinders
Ds. Willem Boshoff – Alle persone bo 70 jaar oud.
Aftree-oorde:
Masonic Haven – Ds. Willem Boshoff
Brummeria Renaissance – Ds. Lion Pienaar
SENIORAKSIE
'n Groep vir senior lidmate vir sake en byeenkomste wat seniors raak. Byeenkomste word gewoonlik een keer per maand op ‘n Donderdagoggend gehou. Hou gerus die afkondigings dop. Almal is welkom!
ENTREPRENEURS
Skuilkrans NG gemeente wil graag entrepreneurs en organisasies ondersteun in ons plaaslike gemeenskap.
Sluit gerus aan by Skuilkrans-netwerk op Facebook.
Adverteer gerus jou besigheid, produk of diens in ons gemeente se aanlyn nuusbrief @ R100
per week of R300 per maand.
Stuur jou advertensie en bewys van betaling na die kerkkantoor voor Donderdae 10:00.
Gebruik die verwysing SKNAdvert.
Rekeningnaam: Skuilkrans NG Gemeente
Tak: ABSA
Takkode: 632005
Tipe rekening: Tjekrekening
Rekeningnommer: 70580403