SKUILKRANS EREDIENSTE
KLASSIEKE EREDIENSOM 09:00 IN KERKRUIM
Die erediens het 'n klassieke karakter, maar ons streef daarna om ook ligter liedere te sing. Tekskeuses vir preke is gekoppel aan die kerklike jaar wat die lewe van Jesus Christus, ons gemeentevisie en aktuele sake volg.
GESINSDIENSOM 09:00 IN DIE SAAL
Die gesinsdiens is spesiaal ingerig vir families met kinders van Graad 1 tot 6. Die teks en tema van die diens word aangebied op ‘n wyse wat prakties en verstaanbaar is vir ons kinders.
AANDDIENSOM 17:30 IN KERKRUIM
Die aanddiens is 'n kontemporêre diens waar oud en jonk welkom is. Die musiek en prediking poog om veral jongmense (hoërskool en jong werkendes) en hul ouers, in eietydse taal en klank aan te spreek.
KLEUTERKERKOM 09:00 IN DIE JEUGLOKAAL (onder die saal)
Ons wil graag ook ons voorskoolse kinders op hulle eie vlak met die evangelie bedien en daarom hou ons kleuterkerk op Sondae om 09:00 in die Jeuglokaal (kelder). Alle voorskoolse kinders en ouers is welkom. Almal begin saam in die saal as deel van die Gesinsdiens, maar loop af na die jeuglokaal ná die lofsang.
EREDIENS VIR BEJAARDES
Daar is gereeld eredienste by Brummeria Renaissance Aftreeoord en Masonic Haven. Hou gerus die afkondigings dop.
DIEPERDELFDIENS
Dieperdelfdienste bied geleenthede waar ons nadink oor die verhouding tussen Christus en die kultuur van ons dag. Leer en etiese kwessies geniet heelwat aandag. Ons gee ook aandag aan persone, boeke, musiek en films wat op die vlak van geloof en religie lê. Datums word op die afkondigings bekendgemaak.