2012
BEDIENINGE
http://www.skuilkrans.co.za/bedieninge.html

© 2012 2012

ONDERLINGE SORG / PASTORALE VERSORGING

PASTORALE VERSORGING

Ons gemeente, as liggaam van Christus, is ‘n gemeente waar lidmate mekaar versorg. Dit beteken dat ons as “gemeenskap van gelowiges” omgee vir mekaar en mekaar se hande vat.

Ons versorging vind daarom op verskillende maniere plaas.

Deur lidmate onder mekaar:

Ons is betrokke by ons bure en die mense in ons omgewing.  Dit is elke lidmaat se verantwoordelikheid om te skakel en te besoek en inligting oor te dra aan medegelowiges in ons straat en ons omgewing.

Deur Kleingroepe:

Ons kleingroepe is ons primêre versorgingspunt. Hierdie groepe neem verskillende vorms aan.  Sommige kom elke week bymekaar, ander elke maand.  Daar is kleingroepe wat uit gesinne, ouer mense, jonger mense, mans, vroue en kinders bestaan.  Predikante besoek gewoonlik die kleingroepe.  Sommige diensgroepe in ons gemeente funksioneer ook as kleingroepe wat mekaar versorg.  Kontak gerus vir Annabelle Lombard, ons kleingroepbestuurder, vir meer inligting (012 807 7983)

Deur die Leef Weer Trauma Sentrum:

Ds Lieze Meiring en ‘n span opgeleide vrywilligers doen gesinsterapie en trauma berading aan mense in ons omgewing (lidmate en nie-lidmate). Kontak haar gerus 083 324 8236 / 073 289 9417 (Leef Weer telno)

Kontak met Leraars:

Enige lidmaat is welkom om ‘n leraar te kontak vir ‘n besoek, vir pastoraat, troues en begrafnisse. Om dit meer prakties te maak, is ons leraars verantwoordelik vir verskillende streke.

Streek A               Ds Dion van Dyk is verandwoordelik vir die Noordelike gedeelte (noord van Cussoniastraat):

                                Brummeria, Lydiana, Meyerspark, Silverton, Silvertonrif, Silverton Uitbreiding.

Streek B               Ds Arno Meiring is verantwoordelik vir die middelste deel tussen Silverton en die N4

                                Snelweg, Georgeville, Val de Grace, Murrayfield en La Montagne.

Streek C               Ds Auke Compaan is verantwoordelik vir die area suid van die N4; Brummeria,

                                Navorsdorp, Val de Grace, Murrayfield x1 en Die Wilgers

Indien jy buite hierdie areas woon, kan jy enige predikant skakel.

Nuwe Lidmate:

Die inskakeling van nuwe lidmate is vir ons baie belangrik.  Elke nuwe lidmaat sal ‘n uitnodiging na ‘n nuwe intrekkersbyeenkoms ontvang.  Hiér sal jy die leraars van die gemeente ontmoet en hoor hoe die gemeentebediening werk en waar jy kan inskakel.  Hier word jou lidmaatskap bevestig en kan jy ook ‘n afspraak met ‘n predikant maak.

 

Kom ons versorg mekaar in liefde.

JEUG

Skuilkrans Kinder-en Jeugbediening as Gesinsbediening

 

Ons visie is:  Kurula.kom

 

Kurula is die Shangaan woord vir “vrede”, die manier waarop ons mense moet groet volgens Luk.10 as ons uitreik oor grense.  Almal moet uitgenooi word om te “kom” deel in hierdie beweging.

Kurula.kom is die busdiens, die Jesusbeweging op pad na God se Koninkryk, waarop ons soveel as moontlik mense wil kry.

Jesus bestuur die bus en ons as kelners (jeugkommissie) sorg vir almal op die bus en hoe ons teenoor mekaar optree op die bus, asook teenoor mense wat nog moet opklim (dis ons waardes).

Kampe en uitreik is die mees effektiewe plekke waarnatoe kurula.kom beweeg en waarheen ons mense wil saam nooi.  Die meeste jongmense word so deel van die Jesusbeweging.

Ons wil ons kinders en jongmense bemagtig om Jesus vir ‘n gebroke wêreld in nood te wees.  Ons wil dit doen in vennootskap met ons verbondsouers, en daarom wil ons ook ons ouers bemagtig om hul doopbeloftes na te kom.

 

Ons missie is:

 

1. Aanbidding:  Ons wil ons kinders en jongmense help om op ‘n eietydse manier God te aanbid en Sy liefde te beleef.  Ons kinders beleef dit in die Gesinsdiens, en die jongmense in die Aanddienste en op kampe.

 

2. Gemeenskap (koinonia): Ons wil hulle help om vir mekaar om te gee met Jesus se liefde.  Dit gebeur Sondagoggende na die Gesinsdiens en Oggenddiens in die groeigroepe vir kinders, asook Sondagmidae 17:00-18:15 in die tieneromgeegroepe.  Naskoolse  jongmense kom ook spontaan in kleingroepe bymekaar.

 

3. Dissipelskap:  Ons wil hulle help om geestelik te groei, om al hoe meer soos Jesus te word.  Dit gebeur deur goed uitgewerkte opleidingsmateriaal in ons groei- en omgeegroepe, asook deur ons prediking en uitreike.

 

4. Diens:  Ons wil hulle help om hulle geestelike gawes te ontdek sodat hulle op ‘n Geesvervulde manier diensbaar kan wees in die gemeente asook in die gemeenskap. Die volwasse leiers dien as rolmodelle.

 

5. Uitreik:  Ons wil hulle in-diens-opleiding gee en saam met hulle uit ons gemaksones beweeg.  Ons neem hulle op uitreike na Mamelodi, Mosambiek, Sunnyside, ens.  Gesinne as geheel gaan dikwels saam.

 

Jeugleraar:  ds Nico Swart  (083 678 8290) (nico@skuilkrans.co.za)

Admin & Kategese navrae: Gerda Mouton (084 588 3438) (jeug@skuilkrans.co.za)

SENIOR BEDIENING

 

Skuilkrans bied ‘n polsende bediening vir ouer volwassenes deur die volgende aksies:

Geestelike behoeftes:

Donderdagoggendbyeenkomste met aanbiedinge wat geestelik sowel askultureel verrykend gris is.

Pinksterbyeenkomste gerig op die behoeftes van ouer volwasse lidmate.

Bediening aan lidmate in sekuriteits- en versorgingsoorde en gemeentestreke soos byvoorbeeld Brummeria Renaissance, Palms Renaissance en Masoni Haven asook ander woongebiede deur tuisnagmale, gespreksforums met leraars en toegespitste eredienste.

Kulturele en intellektuele stimulering:

Stokperdjie-ontwikkeling

Musiekwaardering deur middle van onder andere ‘n musiekklub

Uitruil van gespesialiseerde kennis in kleiner groepe

 

Uitreik na persone met spesifieke behoeftes byvoorbeeld eensames, getraumatiseerdes, diegene met behoefes, gebreke en tekortkominge deur middle van:

Die daarstelling van ‘n uitreik-aksiegroep

‘n vaardigheid- en omgewingsverhoudingsprogram

Gelukwensings met verjaardae deur middle van kaartjies en besoeke

Die aanteken en publisering van lewensverhale

Verfraaing van die gedenktuin

Identifisering van vereensaamdes

 

Kommunikasie:

Kommunikasienetwerke opbou

Kontakpersone:

Sarel du Plessis                 spduplessis@absamail.co.za                       012 803 9243                       083 570 3753

Ds Dion van Dyk                dion@skuilkrans.co.za                                   012 361 1018                       072 317 0407

Dènis van Rensburg        denis@2ndlife.co.za                                       012 804 8619                       072 317 0407

Estelle Conradie               estelleconradie@icon.co.za                        012 803 0883                       082 805 4702

Gerrie Cilliers                     gcillier@global.co.za                                       012 804 7013                       082 555 3320

GETUIENIS

Ons glo dat Skuilkrans bestaan ter wille van ander; met ons getuienisbediening probeer ons uitreik na mense wat nie deel van ons gemeente is nie en probeer ons iets van die Here se liefde in die wêreld indra. Omdat elke lidmaat ‘n getuie is, daag ons alle Skuilkransers uit om drie dinge te doen:

Bid

‘n Goeie beginpunt (is altyd) om te bid. Ons getuie-wees begin waar ons met die Here praat en bou aan ‘n lewendige verhouding met Hom. Wanneer jy beleef dat die Here ‘n werklikheid in jou lewe is, en hoe Hy jou lewe verander, het jy sommer baie om oor te getuig. Voor jy klaar gebid is, moet jy ook onthou om te bid vir ander mense. Die Here praat met ons oor ander mense, gee vir ons leiding oor hoe om iets vir hulle te beteken en daarom is dit belangrik dat ons ook sal bid en intree vir mense buite ons gewone kringetjie. Jy kan sommer self iewers ‘n lysie maak van mense vir wie jy graag wil bid – dalk ‘n vriedin of vriend met wie jy kontak verloor het, ‘n kollega by die werk, jou baas of vir sy vrou! Dit maak nie baie saak vir wie nie, maar dat ons wyd bid.

Projekte

Skuilkrans het ‘n hele klomp Getuienis-diensgroepe – projekte wat daarop gemik is om die Goeie Nuus buite ons gemeente rond te vertel. Party van hierdie diensgroepe het baie met “vertel” te make – ons ondersteun en subsidieër ‘n klomp sendelinge, dominees en kerkies. Ander diensgroepe “vertel” die Goeie Nuus deur kospakkies vir honger gesinne en komberse vir straatkinders. Ons vertel ook die Goeie Nuus deur ons verantwoordelikheid na te kom teenoor kinders en bejaardes. Een van die lekkerste Goeie Nuus-stories is dat God vir ons ‘n toekoms gee: daarom doen ons moeite om ook vir ander mense nuwe moontlikhede te gee deur ontwikkelingsprojekte en om ons op ‘n lang termyn aan hulle te verbind. U kan aansluit by ‘n diensgroep of sommer net dinge bymekaarmaak vir hulle werk, op ‘n uitreik gaan of toebroodjies smeer.

Diensgroepe:

Abraham Kriel Kinderhuis               (Lieze Meiring 083 324 8236)
Aksie Arbeiders vir die Oes            (Gawie Jordaan 012 804 1915)
Aksie Midde-Ooste                           (Eugen Kruger 084 706 2636)
Bybelverspreiding
                           (Dirk Potgieter 083 308 0116)
Fanie Richter (Petra Kollege)          (Zaaiman Stander 082 770 8539)
Fred Nel                                             (Fransie Louw 072 954 1379)
Hoërskool F H Odendaal                 (Henriëtte de Vos 012 804 3719)
Hospitaalbediening                          (Lucella Smit 012 803 2845)
IRM Mapai: Mosambiek                   (Paul de Villiers 0828212367)
Jireh-projek                                       (Suzy van Buuren)
Kerkies en dominees                        (Arno Meiring 082 807 4530)
Lees- en skryfklasse
                        (Jannij Stander 072 278 5859)
Lektuurbediening                             (Arno Meiring 082 807 4530)
Loerie Jeugsentrum                         (Cirkie Viljoen 072 611 6686)
Louis Botha Kinderhuis                   (Lieze Meiring 083 324 8236)
Marita Niemand                                 (Hettie Botes 012 804 3723)
MES-aksie                                          (Sarel du Plessis 082 570 3753)
Nellmapius Kleuterprojek                (Waltraud Smit 082 376 6654)
Noodhulpaksie                                  (Arno Meiring 082 807 4530)
Berg-en-Dal                                       (Lieze Meiring 083 324 8236)
Peet Simonis                                     (Fransie Louw 072 954 1379)
PEN-aksie                                          (Rieneke Schutte 083 281 5711)
RCA Shalom: Durban                      (Arno Meiring 082 807 4530)
Sendingondersteuning                    (Jannij Stander 072 278 5859)
Silverprojek                                       (Marienne Jordaan 012 804 1915)
Silverton Crux                                   (Lieze Meiring 083 324 8236)
Swaziland Vigsprojek                      (Zaaiman Stander 082 770 8539)
Tabita Naaldwerkklasse                   (Annelie van Tonder)
VGK Ekangala                                   (Arno Meiring 082 807 4530)
VGK Mamelodi                                  (Arno Meiring 082 807 4530)
Waardevol vir Jesus                         (Kobus Slabbert 083 304 2057)
Wnter Weggee                                  (Rita Rademeyer 012 807 0808)
Zama-Zama                                        (Leon Steenkamp)
Getuienisinligting                             (Arno Meiring 082 807 4530)

 

Geloofsoffers

Om al hierdie werk te kan doen, maak ons gebruik van Geloofsoffers. ‘n Geloofsoffer is ‘n vrywillige “bo-en-behalwe” bydrae wat Skuilkransers maak, en wat nie vir onsself gaan nie! Die Geloofsoffers, dankoffers en fondsinsamelings maak ons projekte moontlik. Wil u nie dalk oorweeg om ‘n geloofsoffer te gee nie? Bid asseblief daaroor….

Kontak gerus vir Arno Meiring (082 807 4530) vir meer inligting.

 

AANBIDDING

SKUILKRANS EREDIENSTE                                                                             Die hart van ons saamwees voor God

Ons glo….

Diversiteit is belangrik en wil vir kinders, enkellopendes, families en ouer mense ruimte skep

God wil hê ons moet ‘n oop gemeenskap wees en alle mense is by ons welkom

dat gasvryheid teenoor vreemdelinge ononderhandelbaar is

dat God met ons praat deur sy Woord en die sakramente

dat God daarvan hou as ons hom aanbid, loof en prys met sang en liedere

dat integrasie belangrik is en daarom ook stilte

dat God ons hiér bevry tot lewe en stukkende mense se skoonheid aan hulle geruggee,

dat God ons uitstuur om met ‘n lewe van geregtigheid ‘n verskil in Suid-Afrika te maak.

EREDIENSWERKGROEP

Eredienswerkgroep:

Om God se Woord te hoor en saam aan oggenddienste te beplan. Vergader Dinsdagaande 18:00 tot 19:00. Skakel Auke Compaan (083 381 7002)

Gesinsdienswerkgroep:

Om eredienste in kinderidioom te beplan sodat gesinne saam die Here kan aanbid.  Skakel Auke Commpaan (083 381 7002)

VERSKILLENDE EREDIENSTE

Kerkgebou oggendiens:

Die erediens het ‘n klassieke karakter.  Sondagoggende 09:00; Val de Grace. Die teks en tema van die diens is gekoppel aan kategese graad 1 – 6.

Gesinsdiens – Skuilkranssaal:

‘n Erediens vir families met kleiner kinders. Die teks en tema van die diens is gekoppel aan kategese graad 1 – 6, Sondagoggende 09:00, Skuilkrans.

Silverton Oggenddiens:

Intieme erediens met klassieke karakter. Sondagoggende 09:30; Silvertonkampus, Silverton

Aanddiens in Skuilkrans kerkgebou
‘n Informeler diens waar lofprysing en aanbidding met orkesbegeleiding ‘n fokuspunt vorm.
Elke Sondagaand van die jaar om 18:30     

Eredienste vir bejaardes:

Daar is eredienste by Brummera Renaissance after-oord, Palms Renaissance aftree-oord en Masonic Haven.  Kontakpersone: Brummeria Renaissance aftree-oord: Chris Marais (012 804 8919), Palms Renaissance aftree-oord:  Ds Piet Meiring (083 458 9008), Masonic Haven:  Ds Eugen Krüger (012 807 5495).

 

Dieperdelfdienste:

Dienste waar ons nadink oor die verhouding tussen Christus en die kultuur van ons dag.  Leer en etiese kwessies geniet heelwat aandag. Ons gee ook aandag aan persone, boeke, musiek en films wat lê op die vlak van geloof en religie. Daar is gewoonlik twee geleenthede per maand Sondag-aande in Skuilkranssaal om 18:30. Skakel Auke Compaan (083 381 7002).

BEDIENING RONDOM EREDIENSTE

Deurdiens en gasvryheid:

Om erediensgangers vriendelik te ontvang en besoekers tuis te laat voel. Bessie Keun (082 454 6060)

 

Tafeldiens:

Om die dankoffers op te neem tydens die erediens en die nagmaal uit ted eel. Oggend: Thomas Potgieter (082 560 1309); Aand: Frans Stone (082 478 0108). Gesinsdiens deur gesinne en kinders en by Silverton deur kleingroepe.

Elektroniese media:

Om klank en beeldmateriaal by eredienste en byeenkomste te versterk en te projekteer sodat erediensgangers met gemak kan deelneem.  Rekenaar: Francette Myburgh (083 283 4482) en Klank Charlo Ueckermann (083 449 6052)

Musiekbediening:

Om die gemeente tot aanbidding en belydenis deur sang en musiek te begelei.

Gebedsbediening:

Om gebedsinisiatiewe te loods en die saak van gebed te bevorder. Francette Myburgh (083 283 4482)

Biblioteek en videobediening:

Om deur uitleen van boeke en video’s lidmate se geloof te versterk.

CD-bediening:

Om deur die beskikbaarstelling van eredienste se boodskappe ‘n wyer gehoor te bereik. Caro Jackson (083 731 6578) en Jeandre Thompson (072 204 7203).

Estetiese diensgroep:

Verantwoordelik vir die mooi maak van ons liturgiese ruimtes. Jackie Botha (082 893 7121).

Busdiens vir Bejaardes:

Om bejaardes te vervoer vanaf die Palms aftree-oord na Silvertoneredienste op ‘n Sondag:  Sarel du Plessis (082 570 3753)

STEUNDIENSTE

Verhuring van kombuistoerusting:
U kan die vorm invul en stuur aan Kobus Slabbert (083 304 2057) slabbert.kobus@gmail.com.

Doop:
Doopouers moet ten minste vyf weke voor die beplande doopdatum aansoek doen om te doop. Doopouers moet 2 doopkategese klasse bywoon alvorens die doop kan plaasvind. Die aansoek vorm is op die webblad of by die kerkkantoor beskikbaar. Na voltooiing daarvan moet dit by die kerkkantoor ingehandig word of per e-pos aan lidmaat@skuilkrans.co.za gestuur word.

As u van ‘n ander gemeente kom en net hier wil doop, moet ons ‘n toestemmingsbrief van u huidige gemeente kry wat bevestig dat hul geen probleem het dat u u kindjie by NG Skuilkrans wil doop nie. Ook moet die brief bevestig dat u doopkategese by u gemeente sal bywoon voor u by ons doop. Indien u op ‘n ander datum as vasgestelde doopdatum (eerste Sondag van elke maand) wil doop, moet ‘n motiveringsbrief die doopaansoek vergesel en toestemming moet verkry word vir doopdatum.

‘n Foto van die dopeling moet ten minste ‘n week voor die doopdatum na lidmaat@skuilkrans.co.za ge-epos word, ons vertoon dit tydens die doop.  Enige verdere navrae kan gerig word aan Carine von Backström by tel. 012 804-7787/7165 of per e-pos by lidmaat@skuilkrans.co.za.

Begrafnisdiens:
·      Kontak asseblief ’n leraar so gou moontlik om die dag en tyd te bespreek
·      Die begrafnisondernemer doen gewoonlik die bespreking by die kerkgebou en tref reëlings met die orrelis
·      Teereëlings moet met die kerkkantoor getref word
·      Navrae oor die gedenktuin moet by die kerkkantoor gedoen word 012 804-7787

Skuilkrans Gedenktuin

Huweliksbevestiging:
Doen navraag by die kerkkantoor oor die gebruik van die kerk/kapel, ens.  Die leraar van u keuse kan geskakel word en die reëlings kan aan hom deurgegee word. 

Navraag kan gedoen word by Caro Jackson ngkskuil@mweb.co.za

Volwassekategese:
Volwassekategese vind op aanvraag plaas. Kontakpersoon: Dion van Dyk 012 804 7165 dion@skuilkrans.co.za

Nuwe Lidmate:
Kontak asseblief Carine von Backström lidmaat@skuilkrans.co.za by die kerkkantoor of vul ’n kontakvorm by die erediens in.