HULPNOMMERS:
Trauma
Silverton Polisie (trauma
afdeling)
(012)804 8181 / (012)845 4000
FAMSA (beradingsentrum)
(012) 460 0733/8
Denmar Psigiatriese Kliniek
(012) 998 6062/3 / (012)
993 2015/6
Maatskaplik
CMR Silverton
(012)
804 1928
CMR Meyerspark
(012) 803 1978
Behuising (plekke van veiligheid)
Dankie Sorgsentrum
084 841 4848 / 071 649 8119
Genadeplaas
(012) 546 7403 / 546 7218
Melgisedek – (012) 326 5300
Heilsleër
(012)327 3525 / 327 3005 / 341 1781
Huis Vos (straatkinders) – (012) 343 1373
Kruispad – 072 634 6426
Potter’s House (vroue en kinders)
(012) 320 2133 / 320 5574
Kospakkies
Jireh Projek – NG Skuilkrans
Meals on Wheels (vir bejaardes)
(012) 460 3433
CMR
Vivian Reynierse
Danie Thiart
Wynand Louw
Magda Kriek
Saartjie du Plessis
Tienie Maree
Ester Kirsten
Werkloses
2-4 MAART 2012
KLEIN PARADYS VAKANSIEPLAAS (Nylstroom)
Ons gaan wonderlik lekker ontspan en saam kuier op hierdie vakansieplaas. Almal is welkom – oud, jonk, gesinne, enkellopers – alleen of in ‘n groep.
Ds Dion van Dyk is verantwoordelik vir die geestelike gesprekke, met die tema:
“Drie-dimensionele Christenskap — ’n Reis met God, myself en ander”
Kinders gaan hope pret hê met “Bush Buzz”.
Klein Paradys is 248 ha groot, geleë in die Waterberge, met ‘n pragtige natuurskoon. Die plaas is omhein en ‘n aantal wildspesies is gevestig. ‘n Wye verskeidenheid van inheemse bome, plante en voëls is te sien. Kinders sal veral die beeste, skape, hoenders, eende ens. geniet.
Geriewe
Groot restaurant, snoepie, lapa met DSTV, binnenshuise warm swembad, koue swembad, mini gholfbaan, grasdak klim-en-klouter, perdry, wildritte, paintball, pool, tafeltennis, stap en voëlkyk.
Akkomodasie
Karavaan- of tentstaanplekke met groot bome, gras en elektrisiteit.
Huisies maak voorsiening vir 70 mense. Daar is huisies teen verskillende pryse beskikbaar. Elke huisie is ten volle
toegerus met beddegoed, eetgerei en ‘n kombuis.
Neem asseblief ‘n kampvorm in die portaal vir meer inligting.
Die bestuur van Klein Paradys wil alle besprekings en ‘n 50% deposito voor Maandag, 6 Februarie reeds hê, daarom moet u asb. so gou as moontlik by die kerkkantoor bespreek (Carine von Backström - 012 804 7787).
Is jy geskei? Het jy ‘n hupstoot nodig om weer voluit te lewe?
Kom woon die Hersteldinamikakursus by op Woensdae-aande: 28 Febr. en 7, 14, en 28 Maart in die kapel.
R50,00 per persoon.
Kontak: Lieze Meiring (083 324 8236)
Het jy onlangs tot bekering gekom, of het jy ‘n verdieping beleef? Kom ontdek saam die Here se liefde by die Alpha-kursus. Die kursus strek oor vyf Dinsdae vanaf 28 Februarie.
Kontak Arno Meiring (082 807 4530).
24-26 Februarie
“The Power of Praise & Worship”. Hierdie kamp is spesiaal vir tieners en studente wat regtig meer wil leer en beleef van God se teenwoordigheid. Ons gaan mal gaan (MAD=Make A Difference).
Inskrywingsvorms is by die aanddiens beskikbaar en moet asb. teen die 19de Februarie ingehandig word.
Nellmapius Kleuterskole benodig papier. Vir enige hulp kontak asb. vir Waltraud Smit by 082 376 6654.
Donderdagaand 1 Maart 2012
18:30 by NG Kerk Meyerspark
Ds. van Wyk Fischer van Silvertonkruin lei die byeenkoms.
“Volmaak en volwasse soos Christus”
`n Kurus in die boek Efesiërs
Woensdagaande 29 Febr; 7,14 en 28 Maart om 19:00 in Skuilkrans se kerksaal
Navrae: Ds. Auke Compaan
Laat weet asseblief die kerkkantoor indien u belangstel
CMR Silverton benodig pleegouers vir ‘n vierjarige seuntjie.
Kontak asb. vir Marie Zeelie by (012) 804-1928.
Alle Avontuurlustige matrieks,
studente en jong werkendes!
Hoeveel mede jongmense ken jy in ons kerk? Sal jy iemand in ons kerk herken as julle iewers verby mekaar stap? Nie sommer nie? Presies! Dit is tyd vir onbekende gesigte om omgeskakel te word na dik pêlle!
Ons Braai en Kuier (Jy wil kom… rêrig!)
Wanneer: Vrydag 9 Maart 2012 18:30 vir 19:00
Waar: Parkeerterrein oorkant NG Skuilkrans
Wat bring ek: Vleisie, braaigereedskap, eetgerei, drinkgoed en stoele (opsioneel)
Ons verskaf bykosse, nagereg en stoele
Navrae: Chani Ueckermann (084 585 1781)
In die middestad is daar heelwat kleuterskole waar PEN betrokke is, met van hulle wat ongelooflik baie hulp nodig het.
Ons wil graag vir hulle help met kombersies vir die winter en het baie gebreide blokke ontvang. Op die oomblik het ons hulp nodig om die blokke aanmekaar gehekel te kry. Indien u kan help, skakel asseblief vir Rieneke Schutte by 012 3233344 of 083 281 5711
Ons koskas is al weer amper leeg en die hulp by behoeftige gesinne is groot.
Ons benodig nie-bederfbare kruideniersware wat kerk toe gebring kan word. Daar is reeds houers vir die doel by elke kampus se ingangsportaal.
Fliekklub
Donderdag 23 Februarie 2012
10:00 in die kapel
· Kom kyk en luister na André Rieu se Spanish Tour”
· Voorprente sluit Kwêla Funnies en 3 snitte van Celtic Thunder in.
Almal welkom!
