Enkele moontlike ysbrekers
1. Wat is jou geliefkoosde insek / CD / fliek / filmster?
2. Watter nagereg / vleis / lekker is jou gunsteling?
3. Watter vakansie was jou lekkerste vakansie?
4. Watter fliek was jou gunsteling en hoekom?
5. Wat was jou lekkerste wegkruipplek / speelplek / maatjie as kind? En hoekom?
6. As jy jouself met een woord moet beskryf, waarmee sal dit wees?
7. Wat sal jy oor 10 jaar wou doen?
8. Indien om die waarheid te praat iemand sou seermaak, sou jy dit praat?
9. Hoe moet ’n volmaakte aand / dag / naweek wees?
10. Watter weersomstandighede / dier beskryf jou gevoelns op die oomblik die beste?
11. Watter seën / antwoord op gebed / wens het onlangs vir jou waar geword?
12. Hoe kan ’n mens een vergewe wat jou seergemaak / te na gekom het?
13. Wat was jou aangenaamste of slegste droom wat jy al gehad het?
14. Watter kamer in die huis is jou geliefkoosde kamer?
15. Wat is die een ding wat jy volgende week wil bereik?
16. Waar was jy die veiligste / gelukkigste as kind gewees?
17. As jy een gebeurtenis kon beleef in die afgelope 20 ste eeu, wat sou dit wees en hoekom?
18. Wanneer laas het jy iets vir die eerste keer gedoen en hoe het jy gevoel?
19. Aan tafel het vriende begin om ’n ander vriend wat afwesig is, sleg te maak. Hoe sal jy reageer?
20. Sal jy graag jou sterfdatum wou weet? Hoekom?
21. Watter nuus die afgelope week was vir jou die ontstellendste?
22. Wat was die gelukkigste oomblik van jou lewe?
23. Waaroor is jy die meeste spyt in jou lewe?
24. Wat is die grootste kompliment wat jy nog gekry het?
25. Vertel ons van jou beste aardse vriend / vriendin.
26. Die moeilikste ding wat jy nog moes doen …
27. Beskryf ’n tipiese Dinsdag in jou lewe.
28. Jou grootste teleurstelling …
29. Die geskenk wat jy nooit sal vergeet nie (behalwe my redding) …
30. Wat geniet jy die meeste om in jou vrye tyd te doen?
31. Wat is die beste tyd van jou dag?
32. Wat wil jy hê moet mense op jou begrafnis sê?
33. Deel een van jou sterk en een van jou swak eienskappe
34. Waar is jou geliefkoosde plek in jou huis / tuin?
35. Jou geliefkoosde strokiesprent is …
36. Mense mag dalk verras wees om uit te vind dat jy …
37. Gebruik weersomstandighede om jou week te beskryf – stormagtig, sonnig, gedeeltelik bewolk, mistig, ens.
Wat as …
1. Jy nie kan misluk nie – wat sal jy wil doen?
2. Jy jou lewe oor kan leef – sal jy dit anders doen?
3. Jy op die maan moet gaan woon en jy kan net een iets saam neem – wat sal dit wees?
4. Jy enige iets kan doen, volgende jaar hierdie tyd – wat sal dit wees?
5. Jy een uur met die leier van jou land kan gesels – wat sal jy hom vra en watter advies sal jy aan hom gee?
6. Jy ’n vlug na enige plek in die wêreld kan neem waarvan alle kostes betaal word – waar sal jy gaan? Hoekom?
7. Jy sien hoe iemand beroof word – wat sal jy doen?
8. Jy sien hoe iemand verdrink – wat sal jy doen?
9. Jy siien ’n huis wat brand – wat sal jy doen?
Gesin-ysbrekers
1. Met watter vriend / maatjie is dit die lekkerste om mee te speel / tyd te spandeer en hoekom?
2. Wat is die lekkerste kos wat jy al geëet het?
3. Wat sal jy koop as jy nou baie geld kry – kinders R100, groot mense R1 000 000?
4. Wat maak jou baie hartseer of ongelukkig?
5. Watter pakslae kan jou goed onthou en hoekom het jy dit gekry?
6. Wat was vir jou die lekkerste / is vir jou die lekkerste om saam met pappa en mamma te doen?
7. Wat is die kwaaiste / strengste? Pa of ma?
8. Van watter speletjie hou jy die meeste – of het jy die meeste gehou?
9. wat is jou geliefkoosde speelding?
10. Vir wat is jy die bangste? |