Kleingroepbediening
voorstelle om lededeelname te fasiliteer
1) Luister krities en met aandag na ander. Probeer om die ander se standpunt te verstaan; soek nuwe inligting en standpunte. Moenie veralgemenings wat nie gegrond is, aanvaar nie. Onthou: Gebruik jou kritiese fakulteite wanneer jy luister.
2) Maak seker dat jy aan die begin weet wat die doel van die bespreking is. Moenie toelaat dat die bespreking te ver vorder sonder dat jy weet wat die doel/doelwitte van die groep is nie. Vra dat terme, die basiese sake van onderwerp, en belangrike agtergrondmateriaal omskryf word. Onthou: As jy nie weet waarheen jy op pad is nie, mag jy nie daar uitkom nie.
3) Sê eerlik wat jy dink (“Speak your mind freely.”) Bespreking word gebaseer op die uitruiling van idees. Niemand anders het dieselfde spesifieke agtergrond van kennis en ervaring nie. Jy help deur jou idees te deel. Onthou: Jy het ’n verantwoordelikheid naas die van luister.
4) Smee die yster solank dit warm is. Moenie wag totdat dit jou praatbeurt is nie. Jy mag vergeet wat jy wou sê of die beste geleentheid laat verbygaan om die saak in perspektief te stel. Onthou: As jy te lank wag, kan die punt verlore gaan
5) Laat die ander persoon ook toe om te praat. Moenie langer as een of twee minute op ’n slag praat nie. Stel jou saak in so min woorde as moontlik. Onthou: Dit maak ’n klein verskil wie die bal dra solank as wat dit net gedra word.
6) Moenie toelaat dat die bespreking van jou af wegdryf nie. As jy nie verstaan nie, sê dit taktvol. Vra vrae totdat jy verstaan. Ander lede van die groep mag ook voel ’n saak is onduidelik en sal dankbaar wees vir jou inisiatief. Onthou: Jy kan nie later wyse besluite neem as dit op misverstand gebaseer is nie.
7) Moenie veg vir die eienaarskap van idees nie. Sodra jy ’n idee met die groep gedeel het, laat toe dat dit die groep s’n word. Moenie voel dat jy dit moet verdedig net omdat dit joune was nie. Onthou: Die doel van die bespreking is om idees te ontgin en nie om jou punt te wen nie.
8) Raak betrokke in ’n vriendelike meningsverskil. Wanneer jy oor ’n saak verskil, sê so en sê waarom. Doen dit egter op ’n vriendelike manier. Dit is nie nodig om die individu te moker nie of om sy/haar idees van die tafel te vee nie. Onthou: Rou emosie kan gesonde denke verhinder.
9) Bly op die spoor. Omdat afwykings gewoonlik voorgang verhinder, moet jy jou opmerkings relevant hou. Toon hoe die opmerkings op die bespreking betrekking het. Moenie herhaal wat reeds gedek is nie. Onthou: Moenie jou persoonlike liefhebbery in die bespreking dra nie.
10) Probeer om oop denke te handhaaf (“open mind”). Bespreking is nie ’n debat nie. Jy hoef jou nie onherroeplik aan ’n saak of idee te verbind nie. Soek feite en die feitelike basis vir menings. Probeer om nie bevooroordeeld te wees en bly objektief. Onthou: Die ander kant is ook gebaseer op feite en logika.
11) Kom voorbereid om aan besprekings deel te neem. Voor ’n bespreking moet die sake deurdink word. Oorweeg die feite wat nodig mag wees . Bestudeer die onderwerp. Maak ’n lys van vrae wat jy graag beantwoord wil hê. Onthou: Vooraf voorbereiding is ’n noodsaaklike voorwaarde vir suksesvolle bespreking.
12) Probeer om van die bespreking ’n aangename ervaring te maak. Moet jouself nie te ernstig in die bespreking opneem nie. Probeer om pret uit die bespreking te kry en maak dit vir ander aangenaam. ’n Glimlag of grappie (humor) kan vyandigheid of verveling deurbreek. Onthou: ’n glimlag kan meer vir ’n bespreking beteken as jou beste argument.
13) Help ander om deel te neem. Daar mag sommige in die groep wees wat graag wil deelneem maar te bang/skaam is. Hulle kennis en menings is belangrik. Help die leier om hulle aan die woord te kry. Noem hulle by die naam. Verwys vrae na diegene wat nie deelneem nie. Onthou: Die bronne in ’n besprekingsroepie kan nie gebruik word as dit nie benut word nie.
14) Hou boek van hoe die bespreking vorder. Vra vir ’n samevatting of gee dit self. Vra die groep om weer na die groepdoelwitte te kyk en die vordering gemaak op pad na die doelwitte. Wys uit wat nog gedoen moet word. Onthou: Die bekwame seeman kontroleer gereeld om te sien waar hy/sy is.
15) Vermy dit om die vordering in bespreking te onderbreek. Probeer net om die dinge te doen wat bespreking aanhelp en nie blokkeer nie. Moenie betrokke raak in kleiner gesprekke met individuele lede nie terwyl die res van die groep aangaan. Onthou: Wees ’n versterker en nie iemand wat die gang van sake dwarsboom.
16) Hou die kommunikasiekanale oop. Maak seker dat jy luister na wat gesê word. Moenie jou opmerkings net tot die leier of ’n paar lede rig nie; sluit die hele groep Probeer om jou taal helder en kalm te maak. Maak seker dat jy verstaan word. Vra ander om onseker punte te verhelder. Onthou: in die bespreking moet jy die boodskap deur jou nie-verbale kommunikasie bevestig sodat jou bedoeling geïnterpreteer kan word soos wat jy dit bedoel. |