MY VERBINTENIS AS KLEINGROEPLID
1. Onvoorwaardelike liefde
Ek onderneem dat ek niks sal toelaat om my liefde vir elke kleingroeplid te skaad nie. Al stem ek nie altyd saam met ’n ander so opinie of optrede nie, sal ek hom as persoon steeds bly liefhê. Al verskil ons sal ek andere steeds aanvaar en plek gee vir God se liefde.
2. Algehele beskikbaarheid
Ek stel myself, my tyd, my energie, my insig en my gawes tot beskikking van die groep. Ek onderneem dat die groep altyd hoë prioriteit sal geniet en dat ek dit sal bewys deur my bereidwilligheid om op te offer en tyd te maak vir die groep.
3. Getroue voorbidding
Soos die liefdevolle Vader dit graag wil hê, onderneem ek om op ’n gereelde basis vir elke kleingroeplid te bid. Ek glo dat hierdie gebede verhoor word en dat elke lid God se seën sal ervaar.
4. Groter openheid
Ek belowe om daarna te streef om my gevoelens, my stryd, my swaar en my vreugdes met die groep te deel. Ek sal meer openlik wees en die groep vertrou met my probleme en my ideale.
5. Absolute eerlikheid
Ek onderneem om eerlik te wees met elkeen, al sou dit ook seer en sensitiewe dinge behels. Ek sal die waarheid in liefde praat (Ef 4:15), bewus van die feit dat die Here ons gebruik om mekaar te vorm.
6. Sensitiwiteit vir ander
Ek onderneem om na die beste van my vermoë ingestel te wees op groeplede se behoeftes, om met Christus se oë te kyk, met Sy ore te luister en met Sy hart om te gee.
7. Waaragtige vertroulikheid
Ek beloof om nie oor vertroulike dinge van die groep uit te praat nie en so aan ’n ruimte mee te werk waar openheid heers.
8. Volkome beheer deur die Heilige Gees
Ek wil graag in die omgeegroep en in hierdie wêreld wees wat God my bedoel het om te wees. Daarom wil ek onder beheer van die Heilige Gees lewe en myself en God se gawes tot diens en seën van die groeplede stel.
9. Getroue bywoning
Ek onderneem om elke kleingroepbyeenkoms stiptelik en gereeld by te woon. Ek sal verskoning maak indien ek dit in uitsonderlike gevalle nie kan bywoon nie.
. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Geteken Datum |