Saam Gestuur
Ons aanbid, ons raak deel, ons volg, ons dien & ons reik uit
Skip Navigation Links
Tuis
Gebede & dank
Verjaarsdae
Visie & Missie
Wat doen onsExpand Wat doen ons
PersoneelExpand Personeel
Nuus & Gebeure  
Kontak onsExpand Kontak ons
Bankbesonderhede
Algemene Inligting
Vorms & DokumenteExpand Vorms & Dokumente

 

 

Goeie Nuus: God se genade is grensloos

29 Augustus 2010

 

Die verhaal van Jona

 

Ons werk hierdie week met die hele verhaal van Jona. Dit sal goed wees om groepslede voor die tyd per sms te vra om die hele verhaal as `n eenheid deur te lees.

 

PRAAT SAAM

 

Dink julle God vra min of baie van ons? Hoekom sê jy so?

 

PRAAT MET GOD

Vra God om deur die verhaal van Jona vir ons te wys hoe hoog, diep, ver en wyd sy liefde vir mense strek.

 

LUISTER NA DIE WOORD en na mekaar

 

Lees Jona 1:1-3

 

  1. God roep en stuur Jona na Nineve, maar hy koop `n kaartjie en vlug na Tarsus. Is ons nie maar almal so nie? Wil ons nie uitgelos word om ons eie ding te doen nie? Op watter maniere vlug ons van God se roepstem?

 

  1. Jona vlug, want hy wil nie dat Nineve red nie. Nineve was die hoofstad van die wrede Assirïërs wat vanaf 1100 v.C. baie volke in die Ou-Nabye Ooste verneder en ook die stad Jerusalem verwoes het. Jona het gedink God se genade behoort aan Israel en nie aan hulle wrede vyande nie. Hy het dus in `n volksgod geglo. Maak ons nie soms of God aan ons behoort en net vir ons lief is nie? Op watter maniere eis ons vandag God se genade vir onsself op?

 

  1. Waar dink julle is Nineve vandag? Kan ons sê Nineve is hier waar ek en jy nou is? Jy woon tog nie toevallig in Pretoria nie. As God jou in Amerika wou hê, sou hy jou daar geplaas het.  Vertel vir mekaar hoe jy dink jy God se goeie nuus in jou wêreld van elke dag dra en bekend maak? Doen ons dit op bewuste of dalk ook op onbewuste maniere?  

God stuur `n groot storm en Jona word oor boord gegooi. Hy beland in `n vis se maag. Daar sit Jona. God het hom ingehaal en hy het oorgegee. Sy toekomsplanne is aan flarde. In die donkerste hoekie van sy lewe. Ingesluk deur die woeste see, ingesluk deur 'n groot vis. In 'n diep donker plek weg van alle lig, weg van alle hoop. Daar sit Jona. En wat doen hy? Hy doen die enigste ding wat jy kan doen in die donkerste hoekie van jou lewe. Hy bid. Hy bid tot God.

 

Lees Jona 1:17-2:6

  1. God verhoor sy gebed. God gee aan Jona `n tweede kans. Ons kan sê God is `n God van tweede kanse. Is daar iemand in die groep wat hiervan kan getuig? Vertel vir mekaar van God se goedheid in jou lewe. Wees asseblief spesifiek.

 

 

 

 

 

Lees Jona 2:10-3:5

     

  1. God praat weer met Jona en nou doen hy wat God vra. Ons kan sê Jona lewer die kortste bekeringspreek in die geskiedenis met die grootste sukses. Nineve het berou. Die koning, mense en diere rou, hulle treur, hulle bely hulle sondes. Eintlik vra God min van Jona. God wou met Jona `n pad stap en vir Jona wys wie Hy is. God neem verantwoordelikheid, al wat Jona moes doen was om God se hart te reflekteer? Eintlik vra God ook nie so veel van ons nie. Probeer na aanleiding van Jona se verhaal, in jou eie woorde sê wat jy dink God van ons vra?

 

Lees Jona 3:10, 4:1, 4-11

 

Ons kom nou by die laaste episode van Jona. God spaar vir Nineve, en wat doen Jona? Hy is kwaad! Hy gaan sit buite die stad en hoop om te sien hoe God die stad gaan vernietig. Wat doen God? Hy laat 'n wonderplant opkom om vir Jona skadu te bied van die gloeiende son. Jona is baie bly hieroor. Dan laat God 'n wurm kom om die plant op te eet en die son ongenaakbaar op Jona neerbrand. “Jy is kwaad oor 'n plantjie wat vir jou skadu bied wat ek wegvat, maar jy wil nie eers hê ek moet genade bewys aan soveel duisend mense nie.”  Die storie oor Jona gaan nie oor God se straf nie, maar oor God se genade. Dit gaan oor God wat tweede kanse gee. Die God wat ons aanbid is 'n tweede-kans God. God gee vir Jona 'n tweede kans. Hy red hom van die storm. God gee ook vir Nineve 'n tweede kans. God gee ook vir jou lewe 'n tweede kans. By God is daar altyd nuwe moontlikhede. Saam met God beland jy nooit in 'n doodloopstraat nie. God droom nuwe drome vir ons as hy ons roep.

 

WAT GAAN ONS DOEN?

Ons onderneem om hierdie week genadig en met liefde op te tree teenoor mense wat ons dink nie God se genade verdien nie.

 

GEBED

Vra God om elkeen in die groep se oë oop te maak om raak te sien waar hulle sy genade hierdie week kan uitleef.

Eredienste...

5 September 2010

08:30 Erediens

           Ds. Auke

           Compaan

08:30 Gesinsdiens

            Ds. Lieze

            Meiring

09:30 Silverton
            Ds. Dion

            van Dyk

18:00 Renaissance

           Ds. Arno 

           Meiring       

18:30 Aanddiens

            Ds. Nico

            Swart


Laai preke af...

Tema...


Hierdie week...

Program vir 30 Augustus - 3 September

 

Maandag 30 Augustus

10:00 Gesinsdienswerkgroep

19:00 Nuwe Lidmaatbyeenkoms

 

Dinsdag 31 Augustus

08:00 Leraarsvergadering

15:30 Diens Masonic Haven

18:00 Oggenddienswerkgroep

 

Woensdag 1 September

09:30 Diens Palms

15:00 Dagbestuur

18:00 Aanddienswerkgroep

19:00 Orkesoefening

Donderdag 2 September

09:00 Bedieningsrooster

10:00 Senioraksie

 

Vrydag 3 September

09:00 Erediensafronding