Hier is ek tuis
Om iewers te behoort is die lekkerste gevoel in die lewe! Dit is ‘n warm gevoel om te weet jy behoort hier, of dit nou by jou huis, by die skool, universiteit of kerk is. Ons bedieningsmodel het as uitgangspunt dat lidmate óók ‘n verantwoordelikheid het ten opsigte van hul eie pastorale versorging. Dit is wenslik dat Skuilkrans se lidmate by ‘n kleingroep inskakel as primêre versorgingspunt; lidmate wat nie deel van ‘n groep is nie kan gerus vrymoedigheid neem om ‘n besoek van ‘n predikant te vra, of dit om ‘n spesifieke rede is of selfs net vir ‘n bietjie gesels. Ons leraars doen ook moeite om alle nuwe intrekkers persoonlik te ontmoet. Die een belangrike voorneme wat ons graag gestand wil doen, is om onbetrokke lidmate te betrek en te laat tuiskom in ons gemeente – ons is mos daar vir mekaar!
Verskeie kategorieë van lidmate word bykomend pastoraal versorg. Daar is behoorlike strukture (en bedieninge) opgestel om veral by die senior en die jeug van die gemeente uit te kom. Die Leef Weer Sentrum bereik mense wat getraumatiseer is, of wat verhoudings- en persoonlike probleme het.
Daar is ook ‘n groeiende pastorale kontakpunt rondom:
· doopgesprekke
· huweliksgesprekke
· belydenis van geloof
· ouerleiding
· hospitaalbesoeke
· sterwensbegeleiding
Die leraars het die werk soos volg onder mekaar verdeel:
|
Streek A
Streek B
Streek C
Streek D
Streek E |
Willem Boshoff
Arno Meiring
Nico Swart en Rassie vd Merwe
Jan Bisschoff
Dion van Dyk |
|
Omgeegroepe |
Dion van Dyk
Arno Meiring
Nico Swart
Jan Bisschoff |
|
Nuwe intrekkers |
Dion van Dyk
Arno Meiring
Nico Swart
Lieze Meiring
Yolande Giliomee
Eugen Kruger
Piet Meiring |
|
Jeugpastoraat |
Nico Swart en Yolande Giliomee |
|
Seniors (algemeen)
Bo 80 in die ooste
Bo 80 in die weste
Palms Renaissance
Brummeria Renaissance
Ander aftreeoorde |
Dion van Dyk
Rassie van der Merwe
Willem Boshoff
Piet Meiring
Dion van Dyk
Eugen Kruger |
|
Leef Weer |
Lieze Meiring en Rassie van der Merwe |
|
Kategorieë:
Doopgesprekke
Huweliksgesprekke
Egskeidings
Belydenis van geloof (Tieners)
Belydenis van geloof (Volwasse)
Ouerleiding
Hospitaalbesoeke
Sterwensbegeleiding |
Al die leraars
Lieze Meiring (Leef Weer)
Lieze Meiring (Leef Weer)
Nico Swart
Al die leraars
Nico Swart en Yolande Giliomee
Al die leraars
Dion van Dyk (Seniors) |
Enige lidmaat kan met die grootste vrymoedigheid ‘n leraar skakel.
Moenie skroom om dit te doen nie. |