Saam Gestuur
Ons aanbid, ons raak deel, ons volg, ons dien & ons reik uit
Skip Navigation Links
Tuis
Gebede & dank
Verjaarsdae
Visie & Missie
Wat doen onsExpand Wat doen ons
PersoneelExpand Personeel
Nuus & Gebeure  
Kontak onsExpand Kontak ons
Bankbesonderhede
Algemene Inligting
Vorms & DokumenteExpand Vorms & Dokumente

Kleingroepbediening

 

 

 

 

Die ontwikkeling van ’n ondersteunende groepklimaat

 

 

 

1.         Houdinge en gedrag

 

 

Verskeie houdinge en vorme van gedrag kan help om ’n groepklimaat te ontwikkel waarin groeplede ondersteuning ervaar.  “Belangstelling in ’n ander se belange” bied ’n basis vir die groei van vertroue en lewenskrag in ’n groep se lewe.  Egte en aktiewe belangstelling kan lede help om te ervaar dat aandag aan hulle gegee word en dit kan lei tot ondersteuning wat deurwerk in die lede se daaglikse lewens.  Verder kan lede ’n geweldige bevryding ervaar wanneer hulle ervaar dat hulle met vrymoedigheid hulself self kan wees; wanneer dit reg word / goed is om te sê wat hulle wil op die manier wat hulle wil; wanneer hulle ervaar dat die ander hulle nie veroordeel nie.

 

 

Kleingroepnavorsing toon dat sekere houdinge en gedrag gewoonlik ondersteuning in ’n groep tot gevolg het terwyl ander lei dat mense hulself begin verdedig. 

 

 

Gevoelens van persoonlike bedreiging of verdediging verminder en verdwyn selfs wanneer die verhouding tussen die groeplede gekenmerk word deur -

 

·      beskrywing en nie evaluering nie

 

·      probleemoriëntasie en nie probleembeheer nie

 

·      spontaneïteit en nie strategie nie

 

·      empatie en nie neutraliteit nie

 

·      gelykheid en nie meerderwaardigheid nie

 

·      voorlopigheid teenoor gewisheid (“certainty”)

 

 

Wanneer groeplede die volgende in die groep ervaar, kan dit bydra tot baie bevredigende verhoudings waarin lede mekaar ondersteun:

 

·      openheid

 

·      aanvaarding

 

·      warmte

 

·      persoonlike groei

 

 


2.         Ooreenkomste

 

 

Die vestiging van ooreenkoms(te) oor die groeplewe is belangrik vir die groepleierskap.  Duidelikheid oor die doel van die groep en helderheid oor die deelname van lede moet verkry word;  lede moet weet waarheen die groep op pad is en hoe hulle kan bydra tot die groepinteraksie.

 

 

Die helderheid kan verkry word as die groep aanvanklik ooreenkom oor die doel en die interaksie.  Sonder so ’n ooreenkoms kan groepe funksioneer sonder fokus en gou die dinamika ervaar wat groepinteraksie versmoor.

 

 

Om konsensus te ontwikkel oor die groep se doel en die interaksie kan elke lid daaroor nadink en ’n voorstel maak. 

 

 

Belangrike elemente van hierdie voorstelle of stellings word in detail bespreek onder die opskrif “Om nuwe groepe te vorm”

 

 

Gebruik ook die gedagtes soos verwoord onder “Suggesties vir groeplede om deelname van lede te verryk.”

 

 

 


“Deelvrae” (“Sharing questions”) vir die vorming van ’n groepklimaat waarin lede ondersteuning ervaar

 

 

Die gebruik van vrae wat lede aanhelp om oor hulself te praat, is veral in die begin van ’n groep se lewe van groot waarde.  Dit kan ’n natuurlike manier wees daardeur lede met mekaar vertroud raak.  Dit is veral gedurende die eerste twee byeenkomste van belang of totdat groeplede voel hulle is nou ’n “groep.”  Wanneer die kohesie gevorm is, voel groeplede gemaklik en ontspanne en vrymoedig om openlik met mekaar te wees.

 

 

 

1.         24 Vrae om die kenmekaar aan te help

 

 

1)      Wat is een of twee van die belangrikste sake / dinge wat in jou lewe die afgelope week gebeur het?

 

2)      Wat is die drie of vier woorde wat jou die beste beskrywe?

 

3)      Wat is een van die beste dinge wat met jou die afgelope paar jaar gebeur het?

 

4)      As jy ’n familiewapen vir jouself moes teken, watter simbool sou jy gebruik?

 

5)      Wat is iets waaroor jy bietjie onseker oor jouself voel?

 

6)      Wat is een of twee groot veranderinge wat jy in jou lewe gemaak het?

 

7)      Wat is twee of drie van jou mees betekenisvolle prestasies

 

8)      Beskryf een van jou gelukkigste herinneringe of mees betekenisvolle gebeurtenisse in jou lewe.

 

9)      Wat is twee of drie dinge wat jy van jouself hou?

 

10)   Wat is twee of drie dinge wat jy baie goed doen?  Wat van ’n dag-tot-dag kwelling (ligte obsessie)?

 

11)   As jy sekere dinge nou in jou lewe kan verander, wat sou dit dalk wees?

 

12)   Waarop vertrou jy die meeste?

 

13)   Wie is die twee persone in die wêreld wat jy die graagste wil ontmoet?

 

14)   As jy R100 000 wen, waarop sou jy dit uitgee?

 

15)   Wie is die mees geloofwaardige mens wat jy ooit ontmoet het?

 

16)   Wie of wat is iemand/iets wat jy bewonder/nie bewonder nie?

 

17)   Wat sou jy die graagste wil doen of wees in die volgende vyf jaar as daar geen beperkings was en jy weet jy sal nie misluk nie?

 

18)   Wat of waar is ’n gelukkige plek vir jou?

 

19)   Voltooi die sin:  “Dit sal my regte gelukkig maak as ...”

 

20)   Wat is ’n present wat jy die graagste wil ontvang?

 

21)   Wat doen jy vir genot of in jou vrye tyd?

 

22)   Wat is een van jou troetel irritasies (“peeves”)?

 

23)   Wat is jou geliefkoosde dier, kleur, T.V. program, musiek, of ...?

 

24)   Wat is twee of drie van die mees betekenisvolle invloede (persone, gebeure, plekke) wat jou lewe gehelp vorm het?

 

 

Vrae 1 en 24 is goeie vrae om deelnemers te help om mekaar te leer ken.

 

 

 

2.         Sewe vrae wat lede help om op geestelike vlak met mekaar te deel

 

 

Vrae van ’n geestelike aard soos die volgende kan ook help om ’n klimaat in ’n groep te bou waar lede mekaar ondersteun:

 

1)      Wanneer het jy die eerste keer begin realiseer dat God jou liefhet, indien wel?

2)      Wanneer het God meer as ’n woord vir jou geword, indien wel?  Wanneer, indien wel, het God vir jou ’n lewende wese geword?

 

3)      Wat is jou sterkste oortuigings oor God?

 

4)      As jy God een ding vir jou kon hoor sê, wat dink jy sou God sê?  As jy een ding vir God kon sê, wat sou dit wees?

 

5)      Watter enkele vragie wil jy die meeste hê moet God vir jou beantwoord?

 

6)      Beskryf die persoon wat jy ken of geken het wat jy voel God die intiemste ken?

 

7)      Hoe sou jy jou “lewensverhaal” of “geloofsreis” beskryf?

 

 

Oor die laaste vragie:  Dit is moontlik om met die vraag oor ’n langer tydperk (2 of 3 byeenkomste) te loop .  Dit kan ’n groeplid maklik 20 tot 40 min neem te volle te respondeer.

 

 

Die vraag kan soos volg gebruik word om te help bou aan ’n klimaat waarin lede mekaar ondersteun:

 

·      laat die groeplede reflekteer oor die hoofstadia van hulle lewens (kinderjare, tienerjare, vroeë volwassenheid) en identifiseer die hoofgebeure, mense en plekke wat ’n beduidende invloed (positief of negatief) op hulle gehad het in elke periode.

·      Laat elke persoon ’n tydlyn van die hoofinvloede vir elke periode trek en/of verdeel ’n papier in dele, een per stadium en teken iets wat die hoofinvloede van elke periode verteenwoordig.  (Gebruik, indien moontlik, ’n kleur wat pas by die saak).  Sluit ook ’n opsommende frase in wat elke periode die beste beskryf.

 

·      Laat tyd toe dat elke lid sy/haar lewensverhaal / geloofsreis deel (20 - 40 min per persoon).  ’n Alternatiewe wyse om elke lid toe te laat om eers ’n bepaalde lewensfase af te handel.

 

 

Eredienste...

5 September 2010

08:30 Erediens

           Ds. Auke

           Compaan

08:30 Gesinsdiens

            Ds. Lieze

            Meiring

09:30 Silverton
            Ds. Dion

            van Dyk

18:00 Renaissance

           Ds. Arno 

           Meiring       

18:30 Aanddiens

            Ds. Nico

            Swart


Laai preke af...

Tema...


Hierdie week...

Program vir 30 Augustus - 3 September

 

Maandag 30 Augustus

10:00 Gesinsdienswerkgroep

19:00 Nuwe Lidmaatbyeenkoms

 

Dinsdag 31 Augustus

08:00 Leraarsvergadering

15:30 Diens Masonic Haven

18:00 Oggenddienswerkgroep

 

Woensdag 1 September

09:30 Diens Palms

15:00 Dagbestuur

18:00 Aanddienswerkgroep

19:00 Orkesoefening

Donderdag 2 September

09:00 Bedieningsrooster

10:00 Senioraksie

 

Vrydag 3 September

09:00 Erediensafronding