Saam Gestuur
Ons aanbid, ons raak deel, ons volg, ons dien & ons reik uit
Skip Navigation Links
Tuis
Gebede & dank
Verjaarsdae
Visie & Missie
Wat doen onsExpand Wat doen ons
PersoneelExpand Personeel
Nuus & Gebeure  
Kontak onsExpand Kontak ons
Bankbesonderhede
Algemene Inligting
Vorms & DokumenteExpand Vorms & Dokumente

Gee ’n gestagneerde groep weer lewe!

 

 

Die meeste groepe beleef die een of ander tyd knelpunte, probleme, moeilike situasies of persone.

 

1.    Beskou dit as ‘n uitdaging en nie ‘n struikelblok nie.

2.    Beskou dit as ‘n groeigeleentheid vir almal.

3.    Hanteer dit as leier en intern in ‘n span.

4.    Bid saam oor hierdie sake.

5.    Moenie lank uitstel om dit te hanteer nie, veral as dit ‘n tendens word.

6.    Vertrou die Heilige Gees vir leiding, wysheid en die nodige vaardighede.

 

Oorsake word volgens die volgende drie aspekte hanteer:

1.   groeplede

2.   groepleier

3.   groepsproses

 

 

1.    GROEPLEDE

 

1.1     Kinders!  Kinders!  Kinders!

 

Soms is klein kindertjies van sekere lede vir ander lede van die groep ‘n probleem.

 

1.      Die groepleier moet hierdie saak openlik in die groep laat bespreek.

2.      ‘n Groepooreenkoms is daarom noodsaaklik oor hoe kinders in die groep hanteer word – spesifiek oor hoe dissipline gehandhaaf word. 

3.      Laat groeplede om die beurt verantwoordelikheid neem om die kindertyd te hanteer.

4.      Wanneer daar heelparty kleuters, peuters en babas in die groep is, moet die ouers meer ruimte laat vir beweging. Geduld moet aan die dag gelê word, terwyl daar steeds gepoog word om op die deelname in die groep te fokus.

 

1.2     Baie praters

 

Soms is daar baie goeie mense wat die groep oorheers of almal doodpraat.

 

1.    Herinner lede aan die doel van die byeenkoms, nl. om elkeen ‘n geleentheid te bied om betrokke te wees.

2.    Herinner mekaar aan die groepreëls, bv. niemand sal ‘n ander in die rede val nie. Dat niemand ‘n tweede keer oor ‘n saak praat as elkeen nie ‘n geleentheid gekry het nie.

3.    Spreek waardering uit teenoor iemand wat weer ‘n inset wil maak en versoek hom/haar om net vir so en so eers ‘n kans te gee.

4.    ‘n Leier moet soms privaat met hierdie persoon praat en waardering uitspreek vir sy/haar bydraes, maar ook op die probleem wys dat ander kan terugsit of wegbly indien hulle nie volkome geleentheid kry om ‘n bydrae te lewer nie.

5.    Laat hierdie lid eers help as monitor om toe te sien dat almal geleentheid kry tot deelname. Spreek die monitor na die tyd aan as hy/sy nie sy/haar “werk” gedoen het nie.

 

1.3     Stil lede sonder vrymoedigheid

 

Soms gebeur dit dat daar mense in die groep is wat moeilik praat of bang is om deel te neem.

 

1.    Onthou, die groep is ‘n veilige ruimte waarbinne elke lid soos hy/sy gemaklik voel, kan deelneem. Begrip en verdraagsaamheid deur die leier is noodsaaklik.

2.    Vra soms eenvoudige, maklike vrae op die ry af. Ysbrekers speel hier ‘n belangrike rol.

3.    Laat hulle net een keer in die groep hul stemme hoor, al is dit net deur “ja” of “nee” te sê.

 

4.    Bid persoonlik spesifiek vir sulke mense en vir dit wat blokkasies kan wees in so iemand persoon se verlede, persoonlikheid, ens.

5.    Spandeer persoonlik meer tyd aan sulkes buite die groep.

 

1.4     Beswaardes

 

Aartspessimiste ag dit hul plig om altyd negatiewe en kritiese opmerkings te maak. Soms hou dit verband met lede se persoonlikheid.  Hulle kan maklik geesdrif demp.

 

1.    ‘n Groepleier moenie toelaat dat ‘n groepbyeenkoms ‘n kla-sessie oor die gemeente of leraars word nie – nooit.

2.    Sulke probleme kan ná ‘n byeenkoms persoonlik of tydens ‘n spesifieke byeenkoms hanteer word. 

3.    Moenie negatiewe kommentaar in die lug laat hang nie. Gee ‘n meer positiewe lid die geleentheid om ‘n positiewe opmerking te maak.

4.    Soms kan dit nodig wees om ‘n negatiewe persoon aan te spreek na ‘n byeenkoms om hom/haar te wys op sy/haar negatiewe gedrag.

 

 

2.    GROEPLEIER

 

2.1    ’n Sukkelende leier

 

Dit gebeur soms dat iemand ‘n groepleier is, maar deur die wyse waarop hy leiding neem die groep nie behoorlik funksioneer nie.

 

1.    ‘n Leier moet eerlik teenoor homself wees oor sy eie leierskap en homself oop stel vir opbouende raad en hulp en bereid wees om daarna te luister.

2.    ‘n Goeie leier sal sy intern vra om terugvoering aan hom te gee oor sy hantering van die groep soos andersom ook gaan gebeur.

3.    ‘n Groepleier is net ‘n inisieerder en fassiliteerder. Hy moenie dink al die sukses hang van hom af nie.

4.    Hy kan ander lede in die groep betrek as hulle sekere sake beter kan hanteer.

5.    Voortgaande opleiding speel ‘n sleutelrol in elke leier se ontwikkeling en daarom moet hulle daartoe verbind wees.

 

2.2    ’n Leier wat nie delegeer nie

 

Soms doen ‘n leier alles en bly hy in die groep alles doen.  Dit bring onaktiwiteit en geestelike onvolwassenheid mee.

 

1.    ‘n Leier se rol moet duidelik aan hom/haar gekommunikeer word – fassiliteerder.

2.    Hy/sy is ook ‘n mobiliseerder van mense.

3.    Hy/sy moet lede se natuurlike vermoëns leer ken en klein takies uitdeel, bv. gebed, diens, besoeke, sang, kollekteer, kinders hanteer, ens.

4.    Hy/sy moet aan groeplede eienaarskap van die groep gee.

 

 

2.3    ’n Leier wat self nie oopmaak nie.

 

‘n Leier wat die groep op ‘n kognitiewe, onpersoonlike vlak lei, kan ‘n struikelblok veroorsaak om diepte in die groep te kry.

 

1.    ‘n Groepleier moet besef sy groep kan nie groei as hy nie deel nie.

2.    Hy hoef nie volmaak te wees nie. Hy mag ook seer, stryd en probleme hê.

3.    Hy moet gehelp word meer op ‘n emosionele vlak te kommunikeer.

4.    Die arealeier kan ook hier ‘n groot rol speel deur waarneming en terugvoering.

3.    GROEPPROSES

 

3.1 Ontbreking van diepte-koinonia in ’n groep

 

1.    Onthou die fases waardeur elke selgroep gaan: 

·         Wittebrood

·         Konflik

·         Gemeenskap

·         Uitreiking

·         Vermenigvuldiging

2.    Wees geduldig

3.    Begelei die groep deur al die fases om diepte koinonia te bereik.

 

Eerste fase :       Deel julle verhale met mekaar.

 

Verlede:    Oumas, oupas, ouers, agtergrond, kinderlewe, jongmenslewe, ens.

Hede:              Kerklike en geestelike reis, waardes, stokperdjies, sport, ens.

Toekoms:  Drome, ideale, inspirasies, ens.

 

Ysbrekers kan baie hiermee help.

 

Tweede fase:       Selfontdekking en aanvaarding

 

Elke lid se sterk punte, talente, temperament word gedeel, erken en waardeer. Gee aan mekaar positiewe terugvoering.

 

Derde fase:            Dieptevlak deel

 

Verlede:  Slegte ervarings, stukkende verhoudinge met mense, familie, vriende.

Hede:  Selfstryd, inhibisies, huidige gebroke verhoudings.

Toekoms:  Vrese, omstandighede.

 

Kan deur ysbrekers en Woord aan die orde kom.

 

Vierde fase:       Koinonia

 

·         Luister, respekteer en aanvaar mekaar altyd. 

·         Bedien mekaar in die krag en gawes van die       Heilige Gees. 

·         Neem verantwoordelikheid vir mekaar se pyn             en seer.

 

3.2 ’n Geestelike plato-ervaring

 

‘n Groep beleef hy is besig om te stagneer – geestelik, getalle, ens.

                       

1.    ‘n Openhartige gesprek kan hieroor gevoer word tydens byvoorbeeld ‘n halfnag van gebed.

2.    Ernstige gebed hiervoor is noodsaaklik. Meer tyd vir gebed in die groep is dalk nodig – veral vir herlewing.

3.    Soms is dit die gevolg van die nalating van sekere basiese waarhede:

·         Lede lees of bid nie persoonlik nie.

·         Lede getuig nie na buite nie.

·         Lede dien nie mekaar en ander nie.

·         Sendingbetrokkenheid.

·         Besoekers of nuwe mense word nie in die groep ingebring nie.

·         Lede laat na om daders van die Woord te wees.

4.    Gesprekke word alles op intellektuele vlak gevoer. Daar word oor die Bybel en allerlei boeke gepraat. Aandag moet gegee word aan wat die Heilige Gees vir jou/ons wil sê: Waar staan jy?

5.    Waak teen ‘n gees van wêreldgesindheid.

6.    Stel doelstellings en doelwitte vir die groep op.

7.    Gaan ‘n naweek saam weg vir ontspanning en geestelike verryking.

 

Eredienste...

5 September 2010

08:30 Erediens

           Ds. Auke

           Compaan

08:30 Gesinsdiens

            Ds. Lieze

            Meiring

09:30 Silverton
            Ds. Dion

            van Dyk

18:00 Renaissance

           Ds. Arno 

           Meiring       

18:30 Aanddiens

            Ds. Nico

            Swart


Laai preke af...

Tema...


Hierdie week...

Program vir 30 Augustus - 3 September

 

Maandag 30 Augustus

10:00 Gesinsdienswerkgroep

19:00 Nuwe Lidmaatbyeenkoms

 

Dinsdag 31 Augustus

08:00 Leraarsvergadering

15:30 Diens Masonic Haven

18:00 Oggenddienswerkgroep

 

Woensdag 1 September

09:30 Diens Palms

15:00 Dagbestuur

18:00 Aanddienswerkgroep

19:00 Orkesoefening

Donderdag 2 September

09:00 Bedieningsrooster

10:00 Senioraksie

 

Vrydag 3 September

09:00 Erediensafronding