Saam Gestuur
Ons aanbid, ons raak deel, ons volg, ons dien & ons reik uit
Skip Navigation Links
Tuis
Gebede & dank
Verjaarsdae
Visie & Missie
Wat doen onsExpand Wat doen ons
PersoneelExpand Personeel
Nuus & Gebeure  
Kontak onsExpand Kontak ons
Bankbesonderhede
Algemene Inligting
Vorms & DokumenteExpand Vorms & Dokumente

''N PAAR VRAE AAN 'N SELGROEP"

 

WIE IS JULLE?

Rassie, Delarese en Chelani van der Merwe, JP, Annari en Lara Tolmay, Cornel, Annelie, Thinus en Stephanie Botha, Werner, Rieth, Lisa en Carli Schnetler, Theo, Jolette,  Daniel en Jalita Delport, Derick, Karen en Simoné Vermaak, Rampie, Janine, Joshau, Johan en Marianne Grobbelaar,; Jannie, Elsabé, klien Jannie en Elizma Booysen; Leo, Lydia en Bea du Toit.

 

HOE LANK BESTAAN JULLE GROEP AL?

Rassie van der Merwe was ongeveer 13 jaar gelede die stigterslid. Dit het begin met ‘n paar jong getroude paartjies (daar was slegs een kind in die groep) en het gegroei tot ‘n groep met 14 kinders (met ou-getroudes)!

 

 

HOE MAAK DIE FEIT DAT JULLE AAN 'N SELGROEP BEHOORT 'N VERSKIL IN JULLE LEWE?

Ons het mekaar oor die jare so goed leer ken dat ons eerder amper soos familie is eerder as bloot vriende. Almal deel in mekaar se geluk en hartseer. As jou kar langs die pad gaan staan hoef jy nie te wonder wie jy gaan bel nie want daar is altyd meer as een wat sal help. Ons het werklik "groot" oomblikke saam beleef die afgelope paar jaar, bv. toe Rassie ons almal in 2001 enkele dae voor Kersfees gebel het om te laat weet hy en Delarese het sopas gehoor hulle gaan die ouers word van Chelani - nadat hulle lank op die waglys vir aanneemouers was en selfs ‘n troue in die groep.

Ons is altyd eerlik en openlik met mekaar. Die omgeegroep is 'n plek om te behoort, waar ons mekaar ondersteun, vir mekaar en ander bid, mekaar reghelp, geestelik groei, sosiaal verkeer en mekaar onvoorwaardelik aanvaar.

 

 

WAT IS DIE MOEILIKSTE ONDERWERPE WAT JULLE AL IN DIE GROEP BESPREEK HET?

Daar is 3 onderwerpe wat gewoonlik hewige debat ontlok: die tiende, bedelaars, meer spesifiek of hulle geldelik ondersteun moet word of nie en die praktiese toepassing van vergifnis. Dit is ons groep se diversiteit wat juis die karakter daaraan gee en die basis lê vir openhartige en vurige gesprekvoering oor enige onderwerp, hoe persoonlik dit ookal mag wees.

 

HOE HANTEER JULLE KONFLIK?

Ons is 'n groot groep wat bestaan uit 'n klomp individue - konflik gebeur op 'n gereelde basis. Ons is bevoorreg om 'n paar "vredemakers" te hê. As die gemoedere opvlam word die "issue" gewoonlik buite die groep op 'n meer persoonlike vlak uitgesorteer.  Ons bel mekaar gereeld en ons kyk na mekaar. "If all else fails", neem dit, omdat ons werklik vriende is, net een lekker kuier en die vrede is min of meer herstel.

 

VERTEL VAN JULLE TRADISIES

Ons reel elke jaar iets besonders vir Valentynsdag. Die mans en vroue kry om die beurt geleentheid om die ander geslag te verras. Ons probeer ook minstens eenmaal 'n jaar as 'n groep saam weggaan vir 'n naweek. Dan is daar ook ons jaarlikse kersete waar Kersfees Vader al selfs ‘n draai kom maak het.


Nuus uit die Kleingroepe

Kleingroep 2.

 

Hierdie groepie bestaan al ‘n paar jaar en is ‘n gevestigde groepie met uiteenlopende persoonlikhede wat goed saam kan werk.  Die groeplede is meestal enkellopende mense.  Ons geniet dit om saam ‘n uitreik te doen en so leer ons mekaar ken en kan ons dus mekaar ook ondersteun waar nodig.

 

Van ons uitreike was na ‘n kleuterskool in Marapyane waar ons die mense gehelp het om hulle gebou mooi te maak en te verf.  Ons het ook vir hulle van klimrame en glyplanke voorsien vir die kinders.

 

Ons gaan ook een keer ‘n maand na Mamelodi waar ons groente vat vir die sopkombuis en ons help ook om die groente te verwerk.

 

Ons groepie beveel beslis aan dat elkeen betrokke raak by ‘n omgeegroep.

 

Angelique Herremans




KG 23

 

Gemeentekamp – GROOT dankie!

 

Baie dankie aan die dames wat gesorg dat al die kamers en badkamers so skoon en mooi gelyk het toe ons aangekom het! Agterna moes hulle weer deurloop en weer alles bymekaar maak. Ons kleingroep 23 is ook met al ons “voorwaardes” geakkommodeer wat net so baie waardeer word.

  

______________________________________________________________

Emmerentia foto-projek

 

Ons kleingroep 23 het foto’s by Emmerentia Kampterrein afgehaal omdat hulle beskadig word in die saal. Ons is besig om te probeer om inligting bymekaar te maak oor die kampterrein en die mense op die foto’s. Ons het reeds die argief in Stellenbosch gekontak en moet nog ‘n paar persone opvolg waar ons name van het. Ons is ook besig om al die raam moontlikhede te ondersoek sadat die foto’s gered kan word in nuwe rame.

 

Enigiemand wat ‘n inset wil lewer, ondesteuning wil gee of inligting het wat ons dalk kan gebruik is welkom om kontak te maak.

 

Helena Snyman

(012-8038922)

HelenaS@gpg.gov.za


Wanneer vreemdelinge uiteindelik vriende word….

Kleingroep 39

 

 

Op ‘n dag lui ons telefoon. Aan die ander kant is ‘n bekende stem, maar daardie dag is die gesprek baie kort en saaklik: “Ek het jou naam opgesit as leier van ‘n omgeegroep – ek neem aan dis reg so? Die mense by wie julle gaan bymekaarkom is redelik nuut in die gemeente – ek sal later vir jou die name laat kry.” My keel trek toe en my bene raak lam. Ek sou véél liewer by ‘n ander groep wou inskakel waar iemand anders die leiding neem! Later toe ek die lys van name kry, sak my moed verder in my skoene: nie ‘n enkele bekende naam op die lys nie! Selfs die adres waar ons gaan vergader is onbekend en ek moet eers ry en gaan soek na die huis.

 

Die eerste aand toe ons bymekaarkom, verloop die gesprek maar voel-voel, want dis ‘n versameling vreemdes wat hier saamgebring is! Soos die res van die gemeente konsentreer ons op Rick Warren se boek Die doelgerigte lewe. Daardie eerste aand wil die videomasjien nie werk nie, die gasvrou Estelle Linde, is geweldig ontsteld en maak net verskoning, en toe ons daarna huis toe ry, is ek seker dat dit die einde van hierdie groep is! Dis duidelik ‘n saak vir gebed! Wonder bo wonder leef die groep voort, geleidelik leer ons mekaar ken en kort voor lank raak almal betrokke by die bespreking van die weeklikse stukkies. By die gesellige afsluiting aan die einde van daardie jaar is ons almal gemaklik met mekaar en getuig almal van die besondere geestelike waardie wat die weeklikse byeenkoms vir ons het.

 

In die loop van verlede jaar, is die aanbeveling van die Kerkraad dat Kleingroepe moet fokus op die reeks Ken jou plek. Teen hierdie tyd is die groep selfstandig genoeg om te besluit dat ons nie hou van daardie onderwerp nie, en die res van die jaar doen ons Bybelstudie aan die hand van die boekie, Wanneer God mense stuur, ‘n studiegids oor die lewe van Moses. Hierdie studie beklemtoon deurgaans dat God ‘n plan met elke individu se lewe het en wanneer ons openhartig teenoor mekaar kon getuig van God se unieke leiding in elkeen se lewe, het jy besef dat hierdie groep mense lank nie meer vreemdes is nie, maar inderdaad vriende geword het met wie jy jou vreugdes asook jou pyn en bekommernis kan deel.

 

Die afgelope amper twee jaar kon die groep se lede mekaar bemoedig tydens groot persoonlike hartseer, beroepsonsekerhede, geestesprobleme en siektes, maar ons het ook saam gejuig oor kinders wat eksamens slaag, die kleuterskool wat kon voortgaan, kleinkinders wat presteer en kinders wat gelukkig is in ‘n ander land. Waarlik, God het hierdie groepie mense saamgestuur met ‘n Doel!

 

Die huidige lede van die groep is:

Neels van Tonder (hy sorg dat die Sinode en die gemeente se geldsake in orde is), Annelie van Tonder (sorg vir verversings by begrafnisse en ywerig betrokke by Huis Silversig), Sheilah Nolte (kunstenaar en sorg elke Dinsdag vir kos vir die meisies van Berg-en-Dal), Helen Goosen (onderwyseres en stralend gelukkig nadat sy onlangs getroud is), Pieter Goosen (getroud met Helen en kan steeds nie sy geluk glo nie), Esther Roussou (met ‘n passie vir die kleuterskool wat sy bedryf in Sunnyside), Peter Roussou (sy kar is een aand tydens ‘n byeenkoms gesteel), Henkie Vermooten (wat ten spyte van gesondheidsprobleme nog voltyds werk), Pieter Pretorius (afgetree, maar voltydse moed-inprater) en Martha Pretorius (leier, betrokke by Princess Christian Home, ‘n ouetehuis in Muckleneuk)

 

 

Martha Pretorius


Wie is KG50?

 

Ons is ‘n redelike jong kleingroep van drie gesinne met middeljarige, maar jonk van gees, lede. Die groep bestaan uit Cornie en Elmarie met 3 kinders, Johan en Ronel met 2 kinders en Riekie en Ernst met 3 kinders.  Ons jongste kinders is amper klaar met skool en ons ouer kinders studeer of staan in die begin van hul loopbane en huwelike. Van kleinkinders is daar nog geen sprake nie (sover ons weet).  Die kleingroep het ontstaan onder leiding van Richard Bean in 2000. Na die Beans se vertrek na Australie in Aug 2007 het Cornie Bergakker die leiding oorgeneem. Ons vergader elke Woensdag aand van 7-8 en kuier elke kwartaal by iemand anders se huis.

 

Wat se beroepe en stokperdjies beoefen julle?

 

Cornie beplan en bestuur kapasiteit op ons internasionale optiese kabels. Tuis is hy tuinier, skrynwerker, loodgieter, motorwerktuigkundige, bouer of wat ook al nodig is. Sondae gee hy Sondagskool in die oggend en saans katkisasie. Elmarie hou kantoor vir ’n kein maatskappy wat Kaapse wyn bemark. As sy tuis tyd vind, naas haar rol as moeder en tuisteversorger, hou sy daarvan om bietjie kunswerk te doen soos lapverf, kralewerk en naaldwerk.

 

Johan en sy vrou Ronel bly in Die Wilgers. Hy is werksaam by die Nasionale Tesourie en Ronel gee onderwys. Ruan is n vlieënier by Blue Chip en Mariska is besig met Matriek. Die Krynauws leef elke dag onder die genade van die Heer en leef hul uit in alles wat hul doen. Stokperdjies sluit in sport, veral gholf en dan probeer Johan hard om die tyd wat hy spandeer aan sy  beesboedery in die Bosveld aan sy gesin te regverdig.  .

 

Ernst is Nasionale Landbou Bestuurder van 'n skadunet maatskappy. Dan boer hy ook nog met loof. Hy is 'n tuinboukundige en is lief vir plante. Hy hou baie van kos maak, tuinwerk.  Doen plaveisel en alle bouwerk en regmaak in en om die huis self sover moontlik.  Lief om ander te onthaal en te help.  Riekie hou huis terwyl hy die wêreld vol reis, werk vol dag, geniet om te lees en musiek te luister en doen graag naaldwerk wanneer daar tyd is. Naweke is lekker famielietyd.

.

Waaroor lag jul die meeste?

 

Ons grootste kommer en vreugde is ons kinders en ouers.  Ons kinders is meestal jong volwassenes en die wêreld lê aan hulle voete. Hulle leef snags en slaap in die dag.  Die meeste van ons ouers is erg siek en kanker is besig om sy tol te eis.  Gevolglik bid vir ons dag en nag.

 

Wat is jul groep se projek vir die jaar?

 

Alhoewel ons in ons harte graag groot projekte sou wou aanpak kom ons net eenvoudig nie daarby uit nie. Met ons weeklikse byeenkoms, volg ons die kerk se bybelprogram en wyk daarvan af soos die Here ons lei in ons besprekings.  Ons is gewone, vergewe sondaars wat die Here dien.  Ons byeenkomste is rustig en gesellig.  Nadat ons die afgelope week se gebeure met mekaar gedeel het, is daar plek vir almal se mening in die besprekings.  

 

As jul een ding aan Skuilkrans sou kon verander wat sou dit wees?

 

Daar is dalk ruimte en behoefte vir jongmense net uit die skool wat gevul kan word.  Dalk kan een van die jongmense in die gemeente hierdie ruimte help vul.

 

 Verder is die gemeente baie besig om uit te reik, maar tuis is daar gevaartekens wat dreig.  Ons eens vol kerkbanke is stadig maar seker besig om leeg te word.  Waar is al die mense wat die kerkbanke vol gesit het? As ons nie aandag gee aan ons basis nie, sal die uitreike mettertyd ook daaronder ly.

 

Wat is jul boodskap aan ander kleingroepe?

 

As jy nog nie aan ‘n kleingroep behoort nie, mis jy groot uit.  Sluit hierdie week aan. Volgende week mag dalk te laat wees.  As jy aanvanklik ongemaklik in jou kleingroep voel, byt vas.  Vertoue en verhoudings groei met tyd.  Binnekort sal die ander jou in hul vertroue neem en hul diepste gevoelens en geheime met jou deel.  “What happens in the group, stays in the group”.  In hierdie land met al sy geweld en misdaad, is die samekoms in die middel van die week, n tyd om tot ruste te kom, saam met ander christene en Christus, kosbaar. 


Eredienste...

5 September 2010

08:30 Erediens

           Ds. Auke

           Compaan

08:30 Gesinsdiens

            Ds. Lieze

            Meiring

09:30 Silverton
            Ds. Dion

            van Dyk

18:00 Renaissance

           Ds. Arno 

           Meiring       

18:30 Aanddiens

            Ds. Nico

            Swart


Laai preke af...

Tema...


Hierdie week...

Program vir 30 Augustus - 3 September

 

Maandag 30 Augustus

10:00 Gesinsdienswerkgroep

19:00 Nuwe Lidmaatbyeenkoms

 

Dinsdag 31 Augustus

08:00 Leraarsvergadering

15:30 Diens Masonic Haven

18:00 Oggenddienswerkgroep

 

Woensdag 1 September

09:30 Diens Palms

15:00 Dagbestuur

18:00 Aanddienswerkgroep

19:00 Orkesoefening

Donderdag 2 September

09:00 Bedieningsrooster

10:00 Senioraksie

 

Vrydag 3 September

09:00 Erediensafronding