Kersspel
"Die engel, die ster en die garage op die hoek"
Oudisies vir die opwindende Kersspel vind plaas op Maandag, 30 Augustus 2010 vanaf 4-uur die middag in die kerkgebou.
Berei kort stukkie voor om te lees en enigiets om te sing. (Begeleier sal beskikbaar wees of jy kan 'n "back-track" bring.) Koorlede moet ook die oudisies doen.
Skryf jou naam op die lys in die voorportaal.
Vir enige navrae skakel Bessie Keun 082 454 6060 of Janandi van Schoor 082 854 4530
Leeskring "Die afdruk van my hande" deur Cas Vos
12 September 2010 om 18:30 in die kerksaal.
Prof. Cas Vos kom lees voor uit en gesels oor een van sy bekendste digbundels. Die laaste gedeelte bestaan onder andere uit 'n omdigting van die klassieke Sumeriese Giljamesjepog.
Nou beskikbaar by die kerkkantoor.
Jeug- en Gesinsbediening: Winterskool
Vir kategete en ouers! Op 27 en 28 Augustus vind hierdie opwindende toerustingsgeleentheid plaas te Kemptonkruin gemeente. Ons ry sommer saam in die kerk se Sprinter. Die konferensie handel oor Verhoudingsgerigte Jeugbediening asook "Family-based Youth Ministry". Mark de Vries wat oor lg. 'n boek geskryf het, kom uit die VSA om die hoofspreker te wees. Kontak ds. Nico (0836788290) indien jy hierdie wonderlike geleentheid wil bywoon, asook vir meer inligting.
Nuwe Lidmaatbyeenkoms
Kom kuier geus saam en ontmoet die leraars van die gemeente by dié byeenkoms. Maandag, 30 Augustus 2010 om 19:00 in die kapel.
Lentekonsert 2010 Ten bate van SAVF - Huis Silversig
Wessel van Wyk, befaamde konsert pianis ondersteun deur Marina Botha (sopraan), Christopher Vale (bariton), Anneke Lamont (klavier), Junnan Sun (klarinet).
3 Oktober 2010 14:00 vir 14:30 R60 per persoon (sluit verversings in) Skuilkrans kerkgebou
Kom geniet 'n opwindende middag met musiek, sang en blomme!
Kontak persone: Marie Hoogenraad (012) 804 3299 Sarel du Plessis (012) 803 9243 Caro Jackson (012) 804 7787 Riette van der Berg (012) 804 8064 Ria Coetzee (012) 804 8716
Donasies om uitgawes te dek sal verwelkom word. Enige gelde vir kaartjies of donasies kan gebank word by ABSA Lynnwoordrif Rekeningbesonderhede: NG Gemeente SKuilkrans, Rek. No. 705 804 03
Die verwysing op die strokie moet duidelik aandui Silversig; faks asb. strokie na (012) 804 7271
Trauma Ontlonting en Intervensie Opleiding: Aangebied deur FAMSA - (Families South-Africa)
Wanneer: Saterdag 18 September, vanaf 09:00-13:00 Waar: NG kerk Skuilkrans kapel Opleiding is gratis.
Vir wie is die kursus bedoel: Enige iemand wat met mense werk, en enige iemand wat deur trauma geraak is.
Inhoud van kursus:
· Definieer trauma en post-traumatiese stresversteuring
· Trauma oefening – om die effek van trauma te illustreer.
· FAMSA se trauma ontlontingsproses
· Simptome van ‘n person wat sukkel ná trauma.
· Trauma-intervensie: Hoe om ‘n persoon direk na ‘n trauma te ondersteun.
Kontak Lieze Meiring (083 324 8236) vóór 13 September om u plek te bespreek.
Vriende van die dak-projek ’n Koorkonsert
Cantate-kamerkoor onder leiding van Lorette du Toit op Sondag 5 September 2010 by die NG Kerk, Skuilkrans 9:45-10:20.
Donasies asseblief!
Crux Gholfdag
Die Crux Gholfdag op Dinsdag, 24 Augustus het baie goed afgeloop:
Daar was 108 gholfspelers wat deelgeneem het aan hierdie fondsinsameling vir ons naskoolsentrum. Dit beteken nie dat ons almal ewe goed gholf gespeel het nie – die dominees se span was (darem saam met ‘n ander span) heel laaste! Ander Skuilkransers het gelukkig ons naam tussen die ander borge hoog gehou. Deur inskrywings en borge is meer as R80 000 vir Crux ingesamel – baie dankie Tienie en Wilma Wessels vir julle baie moeite en ‘n wonderlike dag!
Dieperdelf
Is God regtig, of blote wensdenkery?
Ons word ingelig oor twee opponerende standpunte. Aan die een kant dié van Richard Dawkins, bioloog en militêre ateïs. Aan die ander kant die ortodokse teoloog, David Bentley Hart, wat skerp op Dawkins reageer.
Prof. Koos Pauw (Unisa) en Prof. Danie Goosen (Unisa) is ons sprekers.
Sondagaand, 19 September om 18:30 in die kerksaal.
(Nooi asb. almal. Mense se vrae oor God se bestaan sal bespreek word.) |