 |
Ons aanbid, ons raak deel, ons volg, ons dien & ons reik uit |
|
|
|
Die Leef Weer Sentrum is ’n trauma- en beradingsentrum vir lidmate en persone uit die gemeenteskap. |
|
Die Sentrum bied ondersteuning aan persone met emosionele en maatskaplike nood; dit sluit die ontlonting van trauma, verhoudingsberading, ens in. Die diens word gedoen deur ’n span vrywilligers wat spesiaal hiertoe opgelei is.
Die Sentrum skakel met die SA Polisiediens Silverton. |
- Berading word ook verskaf ten opsigte van onder andere die volgende:-
- Posttraumatiese stres
- Seksuele misbruik
- Depressie
- Dwelmafhanklikheid
- Gesinsgeweld
- Alkoholisme
- Aanneming van kinders en gepaardgaande problematiek. Die volgende spesialisberaders is hiervoor beskikbaar: Ella Bisschoff, Marlene Flett, Louis Terblanche en Ella Krüger. Kontak die Leef Weer Sentrum vir hulp in die verband.
- Siekebesoek
|
|
Diensgroepe |
|
Die bedieningstelsel word ondersteun deur ’n aantal diensgroepe. Binne hierdie diensgroepe word lidmate toegerus en aangemoedig om na ander uit te reik met die liefde van die Here op ’n baie praktiese manier. |
|
Opleiding en seminare |
|
Die Sentrum verskaf ook opleiding aan vrywilligers om hulp aan mense in emosionele nood te gee. Verder word van tyd tot tyd seminare aangebied oor verhoudingsproblematiek wat ervaar word deur enkelouers, persone wat geskei is, ens |
|
Ondersteuningsgroepe |
- Mense wat leef met 'n depressie lyers - Carine Von Backstrom 084 500 0834
- Mense wat MIV + is - Hannes Schoeman 082 491 3278
|
|
Bestuurder: Leef Weer sentrum |
|
Ds. Lieze Meiring (083 324 8236) of lieze@skuilkrans.co.za
|
|
Kontaknommer vir aanmelding of hulp … |
|
Ds Lieze Meiring of 073 289 9417 of lieze@skuilkrans.co.za |
|
|
|