Kleingroepbediening
1. INLEIDING
1.1 Die belofte van gemeenskap
Koinonia = “om iets met ’n ander te deel” Dit is ons naby verhoudinge, ons liefde vir mekaar in die kerk wat die belofte van Christelike gemeenskap bied.
1.2 Die probleem van gemeenskap
Ons Christelike lewe saam, liefde vir mekaar, is dit wat die navolgers van Jesus Christus onderskei! Joh. 13:35 “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
Tog word dit so min ervaar!
a) Gemeenskap is maklik om te verstaan
b) Gemeenskap is moeilik om te ervaar
c) Gemeenskap is moontlik deur die kerk
Die paradoks van gemeenskap: Terwyl ons intimiteit wil hê, hardloop ons weg daarvan. Waarom?
a) Die kwessie van vertroulikheid
b) Die kwessie van waarheid (oor onsself ...)
c) Die kwessie van gemeentegrootte
d) Die kwessie van tydbestuur
2. om Christelike gemeenskap te skep deur kleingroepe
2.1 Hoe ’n effektiewe kleingroep funksioneer
· Omgeegroepe is relatief klein, en wissel van 8 tot 18 lede
· Groepkohesie neem ’n minimum van 15 tot 20 uur om te ontwikkel
· ’n Relatief ongestruktureerde, agendalose styl help deelname van lede aan en verhoog ’n toename in selfbewustheid. ’n Inhoud-oriëntasie ontwikkel natuurlik en hoef nie formeel ingestel te word nie.
· Studie en persoonlike deel kan saamgaan. Die sleutel tot effektiewe studiegroepe is deur lede toe te laat en aan te moedig om persoonlike ervarings te deel.
· Kommunikasie is meer die doel as wat sosialisering is; interaksie is op ’n betekenisvolle vlak met lede wat vrylik, sonder om hulself te verdedig, luister en praat op ’n persoonlike vlak.
· Wanneer nuwe omgeegroepe geskep word, mag sekere kerklidmate aanvanklik nie belangstelling toon om deel te neem en om so ’n persoonlike risiko te neem nie. Die beste groepe word gevoed eerder as georganiseer. Omdat omgeegroepe vereis dat verhoudinge op ’n persoonlike vlak gebou moet word, moet diegene wat bymekaar gebring word, gesif word.
· Lede moet verantwoordelikheid aanvaar vir groeplewe, wat ’n “gedissiplineerde spontaneïteit” behels waarin elke lid die ander se behoeftes in ag neem en erken dat om ’n werklike mens te word, ek ’n persoon-in-gemeenskap moet word.
· Fokus is op die hede sonder om die verlede te ignoreer, die verlede verhelder die hede.
· Met die voorkeur op persoonlike deel teenoor diagnostiese navraag, is selfontbloting van gevoelens altyd gepas maar nie die ondersoek van die ander se motiewe nie.
· Gee vryheid vir spontane uitdrukking van gevoelens en help lede om hul gevoelens as hulle eie te erken.
· Elkeen neem deel wat die leier insluit.
· Groei en verandering kan nie deur dwang plaasvind nie maar deur ’n kombinasie van die verstaan van aanvaarding en “versigtige” uitdaging
· Aksie buite die groepbyeenkoms word verwag en gedeel; die ontwikkeling van openheid, buigsaamheid, verantwoordelikheid en groei in groeplede word ’n invloed wat buite die groep sigbaar word.
Verdere waarnemings:
a) ’n Baie eenvoudige agenda kan die groeplede help tot die belangrikste ervaring van hulle lewe.
· Die eenvoudige vragie “Wat het in jou lewe die afgelope week gebeur?” kan groeplede lei om te praat oor die sake wat vir hulle die belangrikste is.
· Gewoonlik is min leierskap nodig na ’n gemaklike, ondersteunende en nie-gejaagde atmosfeer in ’n kleingroepie ontwikkel het.
· Gespreksgebed kan ’n natuurlike en kragtige aktiwiteit wees wat volg op die deelervaring.
b) Sekere houdinge of gedrag kan handig wees vir die ontwikkeling van ’n ondersteunende groepklimaat
· Deur belangstelling in mekaar se belange te toon, ontwikkel vertroue en vitaliteit in ’n groep se lewe. Sulke egte en aktiewe belangstelling help ons om te weet dat ons gehoor en waardeer word en lei tot ondersteuning van mekaar se belange.
· Wanneer dit aanvaarbaar word om te sê wat ons wil en op die manier wat ons wil, wanneer ons ’n nie-veroordelende houding van die ander groeplede ervaar, ervaar ons ’n geweldige “bevryding” - vryheid om onsself te wees.
· Ons mees bevredigende en ondersteunende verhoudinge skyn te ontwikkel wanneer ons openheid, aanvaarding, warmte en persoonlike groei ervaar.
· ’n Ondersteunende groepatmosfeer waarin ons onsself kan wees, ontwikkel gewoonlik van groepaktiwiteit wat gerig is op die deel van gedagtes en emosies op ’n informele manier, en wat nie te veel gestruktureer is of rigied gelei word nie.
· Ons kan gevoelens van persoonlike bedreiging of verdediging in ons interpersoonlike verhoudinge oorwin wanneer ons eerder beskrywend as evaluerend is, empaties as neutraal, gelyk as meerderwaardig, en oop vir verandering as geslote in ons denke.
c) Groepe baat in die algemeen deur self ooreenkomste te inisieer, ontwikkel en termineer oor die groeplewe
· Deel (“sharing”), studie, gebed en saamdoen (“mission”) is tipiese groepaktiwiteite. Hierdie elemente mag tussen groepe en in die loop van ’n groep se lewe varieer. Dit is veral belangrik dat al die lede entoesiasties is oor en verbind is aan die groep se aktiwiteite; as die belange te veel verskil, is die beter om te verdeel in verskeie groepe met verskillende aktiwiteite.
· Groepe kan op ’n paar maniere gevorm word: i) om een persoon se visie, ii) om die gemeenskaplike belange van verskeie persone, of iii) om die geografiese plasing van lede tot groepe. Met die derde metode van groepvorming, mag dit moeilik wees om ’n gemeenskaplike visie en verbintenis tot die groeplewe te vestig en word besondere leierskap vereis. Omdat ’n gevoel van leierskap nie sommer langs geografiese lyne ontwikkel nie, is dit die beste om nie groepe volgens geografiese afbakening te ontwikkel nie. Verhoudinge - oor tyd en verskeidenheid van belange eerder as lokaliteit is per se waarskynlik die sleutelfaktore om in ag te neem by die vorming van groepe.
· Wanneer ’n groep groei tot meer as 10 - 12 lede, moet ons daarvan bewus wees dat intimiteit en nabyheid noodwendig verlore sal gaan tensy ons stappe neem om twee kleiner groepe ontwikkel.
d) Wanneer ’n kleingroepprogram ontwikkel of uitgebrei word, word duidelike Bybelse en teologiese fokusse en versigtige beplanning vereis.
· Dit is belangrik om op die Woord te fokus wanneer ons nabyverhoudinge tussen Christene wil help ontwikkel en groei en ondersteun. Deur op Jesus Christus te fokus, word ons herinner aan ons identiteit, ons krag en ons roeping (“mission”).
· Die proses wat deurloop word om ’n doel, doelwitte en strategie te ontwikkel en te aanvaar is baie belangrik. Al die leiers in die gemeente moet hieraan deelneem.
· Naas die opleiding en ondersteuning van potensiële groepleiers, moet die gemeente ook planne ontwikkel om die program voortdurend te evalueer en aan te bied.
2.2 Hoe ’n effektiewe kleingroep gelei word
Die leier ...
· vestig die aanslag en klimaat vir groeplewe deur as katalisator op te tree en nie ’n outoritêre styl te gebruik nie.
· streef daarna om ’n klimaat te skep waar groei plaasvind; en poog om as ’n groepfasiliteerder eerder as ’n terapeut op te tree.
· modelleer groepdeelname en gee fokus en rigting aan die groepinteraksie.
· fokus meer op gevoel as op verstandelike sake selfs al vind baie kognitiewe leer plaas.
· dien as hulpbron wanneer nodig.
· se primêre verantwoordelikheid is om toe te sien dat die groep die volgende ervaar
§ voldoende struktuur,
§ terugvoer,
§ persoonlike betrokkenheid,
§ empatie, warmte, en egtheid,
§ vertroue in groepe,
§ gedeelte leierskap,
§ om aangepor te word tot verandering/vernuwing,
§ verbintenis tussen die groepervaring en Christelike geloof
Die persoon aangewys as groepleier is die sleutel tot ’n effektiewe kleingroep, veral vroeg in die groep se bestaan/lewe.
· Die leier is ’n lid van die groep wat help dat die groep beweeg waarnatoe dit graag wil beweeg tot die mate wat dit hulp nodig het.
· Vroeg in ’n groep se lewe, kan die leier veral behulpsaam wees wanneer die groep sy doel en ooreenkomste moet vestig oor die groeplewe, ondersteunende groepklimaat, en suggesties vir lededeelname.
· In die voortgaande groeplewe, funksioneer groepleierskap gewoonlik om groepinteraksie te fasiliteer sodat groepdoelwitte bereik kan word. Sulke leierskap kan deur een persoon voorsien word of gedeel word deur verskeie lede.
· Voldoende opleiding moet vir potensiële kleingroepleiers voorsien word. |