1. Vrae om die kenmekaar aan te help
1) Wat is een of twee van die belangrikste sake / dinge wat in jou lewe die afgelope week gebeur het?
2) Wat is die drie of vier woorde wat jou die beste beskrywe?
3) Wat is een van die beste dinge wat met jou die afgelope paar jaar gebeur het?
4) As jy ’n familiewapen vir jouself moes teken, watter simbool sou jy gebruik?
5) Wat is iets waaroor jy bietjie onseker oor jouself voel?
6) Wat is een of twee groot veranderinge wat jy in jou lewe gemaak het?
7) Wat is twee of drie van jou mees betekenisvolle prestasies
8) Beskryf een van jou gelukkigste herinneringe of mees betekenisvolle gebeurtenisse in jou lewe.
9) Wat is twee of drie dinge wat jy van jouself hou?
10) Wat is twee of drie dinge wat jy baie goed doen? Wat van ’n dag-tot-dag kwelling (ligte obsessie)?
11) As jy sekere dinge nou in jou lewe kan verander, wat sou dit dalk wees?
12) Waarop vertrou jy die meeste?
13) Wie is die twee persone in die wêreld wat jy die graagste wil ontmoet?
14) As jy R100 000 (of enige groot bedrag) wen, waarop sou jy dit uitgee?
15) Wie is die mees geloofwaardige mens wat jy ooit ontmoet het?
16) Wie of wat is iemand/iets wat jy bewonder/nie bewonder nie?
17) Wat sou jy die graagste wil doen of wees in die volgende vyf jaar as daar geen beperkings was en jy weet jy sal nie misluk nie?
18) Wat of waar is ’n gelukkige plek vir jou?
19) Voltooi die sin: “Dit sal my regte gelukkig maak as ...”
20) Wat is ’n present wat jy die graagste wil ontvang?
21) Wat doen jy vir genot of in jou vrye tyd?
22) Wat is een van jou troetel irritasies (“peeves”)?
23) Wat is jou geliefkoosde dier, kleur, T.V. program, musiek, of ...?
24) Wat is twee of drie van die mees betekenisvolle invloede (persone, gebeure, plekke) wat jou lewe gehelp vorm het?
Vrae 1 en 24 is goeie vrae om deelnemers te help om mekaar te leer ken.
2. Sewe vrae wat lede help om op geestelike vlak met mekaar te deel
Vrae van ’n geestelike aard soos die volgende kan ook help om ’n klimaat in ’n groep te bou waar lede mekaar ondersteun:
1) Wanneer het jy die eerste keer begin realiseer dat God jou liefhet, indien wel?
2) Wanneer het God meer as ’n woord vir jou geword, indien wel? Wanneer, indien wel, het God vir jou ’n lewende wese geword?
3) Wat is jou sterkste oortuigings oor God?
4) As jy God een ding vir jou kon hoor sê, wat dink jy sou God sê? As jy een ding vir God kon sê, wat sou dit wees?
5) Watter enkele vragie wil jy die meeste hê moet God vir jou beantwoord?
6) Beskryf die persoon wat jy ken of geken het wat jy voel God die intiemste ken?
7) Hoe sou jy jou “lewensverhaal” of “geloofsreis” beskryf?
Oor die laaste vragie: Dit is moontlik om met die vraag oor ’n langer tydperk (2 of 3 byeenkomste) te loop . Dit kan ’n groeplid maklik 20 tot 40 min neem te volle te respondeer.
Die vraag kan soos volg gebruik word om te help bou aan ’n klimaat waarin lede mekaar ondersteun:
· laat die groeplede reflekteer oor die hoofstadia van hulle lewens (kinderjare, tienerjare, vroeë volwassenheid) en identifiseer die hoofgebeure, mense en plekke wat ’n beduidende invloed (positief of negatief) op hulle gehad het in elke periode.
· Laat elke persoon ’n tydlyn van die hoofinvloede vir elke periode trek en/of verdeel ’n papier in dele, een per stadium en teken iets wat die hoofinvloede van elke periode verteenwoordig. (Gebruik, indien moontlik, ’n kleur wat pas by die saak). Sluit ook ’n opsommende frase in wat elke periode die beste beskryf.
· Laat tyd toe dat elke lid sy/haar lewensverhaal / geloofsreis deel (20 - 40 min per persoon). ’n Alternatiewe wyse om elke lid toe te laat om eers ’n bepaalde lewensfase af te handel. |