Kleingroepbediening
program:
1. Om ’n klimaat te bou waarin lede mekaar ondersteun
1.1 Inleiding
· Definisie van ’n leier
· Vlak van bevoegdheid?
1.2 Om ’n ondersteunende klimaat te bou
· Inleiding
· Oefening in die gebruik van die vrae ...
1.3 Om lede se deelname te fasiliteer
· Suggesties: dis wel gerig op besprekingsgroepe maar net so relevant vir kleingroepe in die kerk. Verder is die suggesties ook vir groepleiers belangrik omdat ’n groepleier ’n dubbele rol het naamlik gelyk lid en leier.
· Kies een of twee van die lys voorstelle wat jy dink jou gedrag as groeplid die beste beskryf. Kies ook twee wat jy aandag moet gee om ’n beter groeplid te kan word. Deel dan met die groep wat jy gekies het en wat jy kan/gaan doen.
2. Om groepstudie te lei
3. Om gebed in die groep te lei
3.1 Wat is julle ervaring van gebed in die kerk en / of kerkgroepe
3.2 Gespreksgebed
Soos ’n gesprek kan gebed
· informeel en vrywillig wees en nie formeel of verpligtend
· eg en lighartig en nie oneg of dooierig
· vrylopend en gefokus en nie meganies of onsamehangend
· spontaan en natuurlik en nie geforseer of kunsmatig nie
· kort en op die punt af en nie lank of gedwonge nie
· interpersoonlik en betrokke en nie privaat of afgetrokke (“detached”) nie
Gespreksgebed is ’n ervaring van ’n verhouding met God wat teenwoordig is by die groep. Dit is nie ’n optrede voor ’n gehoor met God wat van ver af luister nie. Groeplede kan hulself wees, op ’n natuurlike en spontane wyse deelneem en beurte maak om saam oor die sake wat na vore kom, tot God bid wat teenwoordig is, wat omgee oor hul lewens en wat graag en simpatiek wil reageer op hulle behoeftes. Groep lede wat met God op hierdie manier praat oor die dinge wat vir hulle saak maak, kan verwag om veranderinge te beleef wat hulle daaglikse lewens en verhoudinge verander.
3.3 ’n Groepervaring in gebed
a) Moedig die groepie aan om met mekaar sommige van die dinge oor die sessie of hulle lewens wat hulle belangrik ag, te deel.
b) Nooi dan een lid om te begin met ’n persoonlike, direkte en een-sin-lengte gebed oor iets wat iemand in die groep pas genoem het. Moedig die ander lede aan om deel te neem en met God oor die onderwerp te praat totdat dit lyk of die gesprek voltooi is. Iemand kan dan net na ’n nuwe onderwerp beweeg met die ander wat inkom soos hulle voel. Terwyl alle lede natuurlik nie oor elke onderwerp bid nie, moet elkeen aangemoedig word om by te dra tot die gespreksgebed.
c) Laat die groeplede nou hulle ervaring van die gespreksgebed met mekaar deel.
d) Die primêre taak in die lei van groepgebed, is om die proses van gebed te fasiliteer of koördineer. Vroeg in die bestaan van ’n groep mag die leier suggereer dat die groep fokus op sekere tipes gebed (bv. danksegging, belydenis en voorbidding) en op verskeie onderwerpe (die wêreld, die kerk, vriende en gesin). Soos wat die groep sy gebedslewe vestig, sal daar verder waarskynlik min rigting gegee moet word en sal lede vrylik deelneem aan die gebed.
4. Om die groeplewe en groeptaak te balanseer
Effektiewe groepe is nog eksklusief persoongeoriënteerd nog eksklusief taakgeoriënteerd maar kombineer eienskappe van beide. Die reis na binne moet gekomplementeer word met die reis na buite.
Die verhouding tussen ons lewe saam die groep en die lewe buite die groep is baie soos die verhouding tussen ons gemeente se lewe én diens; beide is belangrike dele van die geheel. Beide moet in ’n groepie aandag kry.
Groepe wat deel, studie of gebed beklemtoon en ondersteuning van mekaar se lewens bied, maar nie ’n impak op lede se diens aan diegene buite die groep het nie, kan só gefokus raak op hulleself dat hulle doodgaan. Die doel van kleingroepe in die kerk is om ondersteuning te bied aan lede sodat diegene buite die groep ook Lewe ontvang. Die sleutel tot effektiewe kleingroepe in die kerk is om groeplewe en groeptaak te balanseer.
Gemeenskap (“fellowship”) is die sleutel tot evangelisasie. Evangelisasie het in die vroeë kerk spontaan plaasgevind omdat die verhouding tussen gelowiges en God uitstaande was.
Getuienis oor die evangelie kom spontaan voort uit die Christelike gemeenskap; net so is groeplewe en groeptaak verwant en gebalanseer.
Kleingroepbediening kan ’n primêre wyse wees waardeur ’n gemeente sy lewe en sending (“mission”) uitdruk.
|