|
“Ons draai ons gesig na die wêreld" |
|
Ons glo dat ons gemeente uiteindelik bestaan om ’n verskil aan die wêreld te maak. Só getuig ons dan deur mense se geestelike en fisiese behoeftes raak te sien en aan te spreek deur ‘n verskeidenheid van aktiwiteite, onder andere sendingprojekte, gemeenskapswerk, barmhartigheidsaksies en interkerklike forums.
Hoewel lidmate van Skuilkrans aangemoedig word om elkeen in haar eie omgewing ‘n verskil te maak en ‘n getuie te wees, en ons kleingroepe ook hulle eie getuienisprojekte dryf, werk ons as totale gemeente saam aan 44 amptelike “diensgroepe” wat spesifiek na buite gerig is. |
|
Getuienisbestuurder:Lieze Meiring Getuieniskantoor: Tel: 804-7787 / Faks: 804-7271 e-pos: lieze@skuilkrans.co.za |
|
Ons getuienis diensgroepe is: |
|
Silverton Crux:
Gemeenskapsontwikkeling deur middel van ‘n art 21 maatskappy, wat insluit ‘n naskoolsentrum, trauma- en gesinsterapie en werkskeppingprojek (Lieze Meiring 0833248236).
Zama-Zama
Hulp aan ‘n skut (shelter) wat werklose mans huisves en help om ‘n inkomste te verdien (Debbie Louw 0828732666).
Aksie Arbeiders vir die Oes
‘n Skut in die middestad vir jongmense wat op straat beland het (Gawie Jordaan 0128041915).
Lees- en Skryfklasse: |
|
Klasse word by ons kerkgebou aangebied vir ongeletterdes. Ons benodig "onderwysers" wat kan help klas gee (Erna Jordaan 0823355701) |
|
Tabita Naaldwerkklasse: |
|
Ons ontwikkel ook mense se potensiaal deur naaldwerkklasse. Hier vind ook baie geestelike gesprekke plaas, en een maal 'n jaar hou almal saam nagmaal (Barbara Potgieter 0833080375). |
|
Noodhulpaksie: |
|
Ons voorsien 'n bord warm kos aan enige iemand wat by die kerk aanklop om hulp. Ons benodig borde kos wat ons by die kerk kan vries (Sam Scott 0835862906). |
|
Jireh-projek: |
|
Dié diensgroep samel kruideniersware in vir gesinne in nood binne ons omgewing. Hulle benodig kruideniersware. U kan een keer per maand een item in die waentjie in die kerk plaas. U kan hulle ook kontak as u sien u bure, of u kollega by die werk het nood (Trevor Hanson 0828807453). |
|
Kruisreik: |
|
Ons lidmate reik uit na mense by die werk en mense binne ons gemeentegrense (Arno Meiring 0828074530). |
|
Winterweggee: |
|
Die groep vrywilligers hou elke winter 'n rommelverkoping. Hulle doel is tweeledig – om fondse in te samel vir instansies wat barmhartigheidswerk doen, en om mense in ons omgewing te help met goedkoop klere en huisware. Hulle benodig mense wat kan help sorteer en goeie tweedehandse klere (Rita Rademeyer 0128070808). |
|
Lektuurbediening: |
|
Ons versprei geestelike lektuur na mense wat dit nodig het (Arno Meiring 0828074530). |
|
Sendingondersteuning: |
|
Hulle ondersteun sendelinge in Suid-Afrika en in die buiteland deur gebed, korrespondensie en projekte. Hulle jaarlikse "Snuffel en Koop" samel fondse in vir dié sendelinge. Hulle benodig mense wat kan help sorteer en goeie tweedehandse klere (Jannij Stander 0722785859). |
|
Getuienisinligting: |
|
Die kreatiewe diensgroep mobiliseer lidmate vir getuieniswerk. (Arno Meiring 0828074530). |
|
Bybelverspreiding: |
|
Deur die “Wikkel vir die Woord” pretloop samel ons elke jaar by die Botaniese Tuine geld in vir Bybelverspreiding. Kom stap saam! Ons benodig mense wat kan help met die reëlings (Dirk Potgieter 0833080116). |
|
Hospitaalbediening: |
|
Ons geestelike bediening aan pasiënte in die Wilgers hospitaal (Elna Durand 0837194773). |
|
Sungardens Hospice: |
|
Ons ondersteun hulle werk onder terminale pasiënte deur finansieel by te dra en deur lidmate wat hulle tyd gee om persoonlik betrokke te wees. Ons benodig tweedehandse goedere vir hulle winkel (Willem de Koker 0823566869). |
|
Silverprojek: |
|
Dié projek in Silverton ondersteun behoeftige mense met kospakkies en programme. Die Bosmanhuis huisves haweloses. Hulle benodig klere, meubels, beddegoed en enige huisraad. Spraakterapeute, remediërende onderwys en studiehulpe is ook 'n groot behoefte (Marienne Jordaan 0128041915). |
|
Huis Silversig getuienisaksie: |
|
Ons diensgroep ondersteun hierdie tehuis wat verswakte bejaardes versorg. Ons benodig fisioterapeutiese toerusting, persone wat nou en dan herstelwerk kan doen, klere vir bejaardes en toiletware (Grietjie Kroon 0836202231). |
|
Nellmapius Kleuterprojek: |
|
Met die Nellmapius projek het ‘n verhouding met, en verskaf kos, speelgoed, toerusting en opleiding aan sewe kleuterskole in Nellmapius. Ons benodig mense wat die Tirisano program teen kindermolestering kan aanbied en bestuur (dit is 'n poppekas), en mense wat kan help om die goedere wat soontoe versprei word te sorteer en te pak (Waltraud Smit 0823766654). |
|
Swaziland Vigsprojek: |
|
Ondersteun tuisversorgers wat na gesinne wat geaffekteer is deur Vigs, omsien (Zaaiman Stander 0827708539). |
|
VGK Mamelodi: |
|
Ons reik uit en werk nou saam met ds. Moima en help met die weeklikse sopkombuis in die gemeente. Ons benodig mense en gesinne wat hou van groenteskil om ons oor naweke hier te help! (Arno Meiring 0828074530). |
|
VGK Ekangala: |
|
Ons werk nou saam met hierdie gemeente en ondersteun onder andere hulle kleuterskool as nuwe bediening. Ons benodig mense wat vriendskapsbesoeke aan die gemeente kan bring (Arno Meiring 0828074530). |
|
Arbeidsbediening: |
|
Rassie van der Merwe bedien mense tussen raadsale en fabrieksvloere. Ons benodig mense wat hom met gebed kan ondersteun (Rassie vd Merwe 0834559571). |
|
PENNIES Kleuterskool: |
|
Versorg kleuters in die middestad van Pretoria. Ons benodig toerusting, en 'n kleingroep wat spesifiek na hulle behoeftes kan omsien (Rieneke Schutte 0832815711) . |
|
MES Aksie |
|
Versamel komberse en kruideniersware wat in die winter na die Johanesburgse middestad versprei word (Sarel du Plessis 0825703753). |
|
Berg en Dal tehuis vir ongehude moeders: |
|
Versorg ongetroude meisies wat swanger is, en help hulle om ingeligte keuses te maak. Ons benodig persone wat Dinsdae vir hulle middagete kan voorsien en borge vir kos (Sheila Nolte 0829245177). |
|
Hoërskool F H Odendaal: |
|
Verskaf een maal per maand toebroodjies en vrugte aan behoeftige kinders in dié skool. Ons benodig kleingroepe wat kan help, sodat ons dit meer kere kan maak en ook brood, smere en vrugte (Henriëtte de Vos 0128043719). |
|
Cullinan Voedsel- en Klereprojek: |
|
Versorg behoeftige gesinne in Cullinan en Rayton. Hulle voorsien kospakkies en terapeutiese programme. Hulle het ook 'n groot groentetuin en 'n klerewinkel. Ons benodig nie-bederfbare kos en klere (Gerrie Cilliers 0825553320). |
|
Loerie Jeugsentrum: |
|
Loerie Jeugsentrum in Bronkhorstspruit huisves en versorg kinders wie se ouers nie op die oomblik in staat is daartoe nie. Hulle benodig tweedehandse klere wat verkoop kan word, professionele dienste en advies met die opvoeding en behoeftes van die kinders, naweek- of vakansie gesinne of ouers (Cirkie Viljoen 0726116686 en Jenny Churr 0823747288).
Abraham Kriel Kinderhuis:
Ondersteun programme by Abraham Kriel Kinderhuis (Lieze Meiring 0833248236).
Louis Botha Kinderhuis:
Ondersteun programme by Louis Botha Kinderhuis (Lieze Meiring 0833248236).
|
|
Werkskepping: |
|
Ons ondersteun vir Christiaan Pauw met sy werkskeppingsprojekte in onder andere Soshanguve en Ekangala. Van sy projekte behels tuis boerderyprogramme en geestelike begeleiding (Christiaan Pauw 0825574328). |
|
Hartklop: |
|
Ons dra by tot Corlie Bosman, hulle noodverligtingsbestuurder, se salaris; ons lidmate doen gereeld vrywillige werk vir hulle; en ons samel warm klere vir hulle Winter Warmte vir Wesies projek in. Hulle werk onder andere in Khutsong (naby Carletonville), Botshabelo (Vrystaat) en Nellmapius (Lieze Meiring 0833248236). |
|
Petra Kollege: |
|
Ons ondersteun vir Fanie Richter in sy werk by Petra Kollege, wat in Suid-Afrika en die res van Afrika, opleiding in kinderevangelisasie doen. Ons benodig mense wat hom geestelik kan ondersteun (Zaaiman Stander 0827708539). |
|
Huis Immergroen:
Ondersteun tehuis vir bejaardes finansieël (Lieze Meiring 0833248236).
Lydenburg Rusoord:
Ondersteun tehuis vir bejaardes finansieël (Lieze Meiring 0833248236).
Belfast Rusoord:
Ondersteun tehuis vir bejaardes finansieël (Lieze Meiring 0833248236).
Volksrust Rusoord:
Ondersteun tehuis vir bejaardes finansieël (Lieze Meiring 0833248236).
Marble Hall Rusoord:
Ondersteun tehuis vir bejaardes finansieël (Lieze Meiring 0833248236).
Margaretha Ackermann tehuis:
‘n Kleingroep ondersteun en besoek inwoners van hierdie tehuis (Corna Vorster 0128043594) |
|
|
|
RCA-Shalom: |
|
Ons ondersteun vir ds. Shunmugan en sy gesin finansieel waar hulle onder die Hindoes en Moslems van Chatsworth werk. Ons jeug het ook gereeld uitreike na die jeug in dié gemeentetjie (Arno Meiring 0828074530).
|
|
Blye Messelaars: |
|
Dié diensgroep ondersteun vir ds. Koos Beukes, die VGK sendeling. Hy werk in afgeleë plattelandse gemeenskappe waar hy gemeentetjies stig. Die Blye Messelaars ondersteun hom geestelik, en hulle help hom graag bou wanneer daar 'n kerkie nodig is. Hulle benodig gewillige hande wat kan help bou. Kontak vir Annabelle Lombard (012 807 7983) of 083 4155 755 |
|
Mosambiek: |
|
Ons ondersteun vir ds. Mbewe en sy gesin finansieel, waar hulle in die gemeentetjie van Mapai werk. Ons diensgroep hou elke jaar in Julie 'n uitreik soontoe. Hulle is op die oomblik besig met 'n kerkbouprojek. Ons benodig mense wat hard kan werk, om te help met beplanning, of om saam te gaan na die uitreike (Paul de Villiers 0828212367). |
|
Eternal Life Outreach: |
|
Ons ondersteun vir Fred Nel en sy medewerkers in hulle baie moeilike sendingveld. Hulle werk veral onder Moslems in Singapoer. Hulle benodig mense wat hulle geestelik kan ondersteun (Fransie Louw 0729541379).
Peet Simonis se Afrikasending:
Bystand vir die joernalis-sendeling, Peet Simonis, se werk in afgeleë dele van Afrika (Fransie Louw 0729541379).
|
|
Aksie Midde-Ooste: |
|
Hulle ondersteun vir Hannes en Maretha van Wyk geestelik en hier en daar ook met finansies. Hannes en Maretha is sendelinge onder Moslems in die Emirate. Hulle benodig mense wat met hulle kontak kan maak en vir hulle kan bid (Eugen Kruger 0847062636). |
|
Sending in Frankryk: |
|
Skuilkrans ondersteun vir Marita Niemand finansieel, en die diensgroep ondersteun haar geestelik. Sy is 'n sendeling in Frankryk. Sy benodig nog mense wat met haar kontak kan maak (Hettie Botes 0128043723).
|
|
Getuienisbestuurder: ds Lieze Meiring Getuieniskantoor: Tel: 804-7787 / Faks: 804-7271 e-pos: lieze@skuilkrans.co.za |