Saam Gestuur
Ons aanbid, ons raak deel, ons volg, ons dien & ons reik uit
Skip Navigation Links
Tuis
Gebede & dank
Verjaarsdae
Visie & Missie
Wat doen onsExpand Wat doen ons
PersoneelExpand Personeel
Nuus & Gebeure  
Kontak onsExpand Kontak ons
Bankbesonderhede
Algemene Inligting
Vorms & DokumenteExpand Vorms & Dokumente

EIENSKAPPE VAN EFFEKTIEWE EN NIE-EFFEKTIEWE KleingroepLEIERS

 

 

 

 

1.         Eienskappe van effektiewe kleingroep-leiers

 

 

1.1       Toon en versterk vriendelikheid

 

a)           Relasionele kwaliteite

·        is oop en nie veroordelend nie

·        is gelykmatig

·        is sensitief vir al die groeplede

·        toon warmte

·        tree met selfvertroue op

·        is uitgaande

·        is positief

·        vertoon liefde

 

b)           Groepatmosfeer

·        laat lede gemaklik en ontspanne voel

·        skep ’n omgewing waar emosies en ervaring gedeel word

·        bou die vlakke van vertroue

·        help lede om vry te voel om deel te neem

·        moedig ’n oop, vriendelike bespreking aan

·        vertroetel ’n aangename atmosfeer


c)           Responsiewe luister

·        erken en aanvaar alle bydraes

·        behandel alle lede met respek

·        laat lede voel dat hulle waarde het

·        luister aktief na alle lede

·        respekteer alle opinies

·        toon waardering en ondersteun lede

 

d)           Moedig lede aan om te deel

·        laat God toe om die groep bymekaar te bring

·        moedig lede wat skaam is om deel te neem

·        help lede om vertroud te word

·        moedig samewerking aan

·        laat besware om na vore te kom

 

 

1.2       Bied oriëntasie:  gee taakgerigtheid

 

a)            Wanneer die byeenkoms begin

·        laat die groep toe om te begin

·        voorsien ’n agenda

·        is vertroud met die materiaal wat bespreek gaan word

·        berei voor en vra vrae wat interaksie fasiliteer

·        stel die onderwerp bekend en verduidelik dit

·        beskryf die groepdoel

 

b)            Soos wat die byeenkoms voortgaan

·        koördineer take

·        help groep om te beweeg

·        hou die situasie onder beheer

·        lei die bespreking sonder om dit te forseer

·        hou die groep by die onderwerp

·        hou die groep gefokus op vrae

·        hou die groep by die agenda

·        stuur die groep wanneer nodig

·        hou die verloop van tyd dop

·        help om sake wat die groep van koers dwing, te elimineer

 

c)            Wanneer die byeenkoms afsluit

·        sluit die bespreking af wanneer daar nie meer bydraes gelewer word nie

·        sorg dat die doel van die bespreking bereik word

 

 

1.3       Voorsien oriëntasie:  gee prosedurele rigting

 

a)            Verhelder verwagtinge

·        lig die groep in oor die taak en die tyd beskikbaar

·        laat lede weet wat van hulle verwag word

·        het ’n raamwerk van wat hy/sy wil bereik

 

b)            Lewer kommentaar op die groepproses

·        toon belangrike dinge uit wat lede sê

·        voorsien verheldering op kommentaar en proses

·        som enige konsensus op

·        som bespreking op tot almal se tevredenheid

 

1.4       Vra vir informasie en opinies

 

a)            Fasiliteer deelname

·        maak seker dat elkeen geleentheid het om deel te neem

·        betrek elkeen in die diskussie

·        ontwikkel response van die groep


b)            Fasiliteer interaksie

·        help lede om op mekaar se bydraes te reageer

·        help lede wat stil bly om hul gedagtes uit te druk

·        verhoed dat sekere lede die bespreking domineer

 

c)            Fasiliteer verstaan

·        moedig die verstaan van lede se standpunte aan en verhelder hulle standpunte

·        help deelnemers om idees uit te brei

 

 

2.         Eienskappe van nie-effektiewe kleingroep leiers

 

2.1       Toon antagonisme

 

a)            In posisie

·        stel hom/haarself as die een met gesag

·        maak aanspraak op statusverskil tussen leier en lede

·        gebruik die leiersposisie om die bespreking te alleen in beslag te neem

·        beheer die bespreking

·        stel sy eie opinie voorop en is bevooroordeeld

·        is te rigied in protokol en agenda

 

b)            In houding

·        laat mense ongemaklik voel

·        neem ’n dreigende houding in

·        luister nie

·        gee nie erkenning aan lede se opinies nie

·        is verdedigend oor wat gesê word

·        is nie sensitief vir wat die lede sê of wil sê nie

·        beoordeel lede se kommentaar en veroordeel

c)            In interaksie

·        domineer die bespreking

·        faal om die bydraes van ander te erken of om ontvanklik daarvoor te wees

·        sit mense af

·        onderbreek die kreatiwiteit van gedagtes

 

2.2       Toon spanning

 

·        laat nie ’n oop gesprek of uitruil van inligting of gedagtes toe nie

·        wil alle verskille oplos

·        is apologeties

·        is bang vir stilte

·        voel onseker, tree nie met selfvertroue op nie

 

2.3       Toon houding van om te verskil

 

·        weerspreek

·        kies kant in kwessies

·        neem nie deel oor sekere sake en stem weer saam met ander

·        ignoreer lede wat ander opinies huldig

 

2.4       Gee min oriëntasie

 

a)            Wanneer die byeenkoms begin

·        is nie helder oor die doel van die byeenkoms

·        is onseker oor wat verwag word

·        faal om aan die groep rigting te gee

·        definieer kwessies nie

·        gee swak besprekingsvrae

·        maak nie seker of kwessies en vrae verstaan word nie

·        bied ’n te noue fokus

 

b)            Soos wat die byeenkoms verloop

·        laat die bespreking nie vlot nie

·        help nie die groep om te fokus nie, verloor fokus

·        laat die bespreking toe om irrelevant te word

·        laat die bespreking toe om rond te dwaal

·        laat lede toe om die bespreking te domineer

·        hou nie rekening met die tydbeperkings nie

·        probeer om te gou te beweeg

·        bly te lank by een onderwerp

·        laat die bespreking toe om te persoonlik te raak

 

c)            Wanneer die byeenkoms klaar is

·        vat nie die bespreking saam nie

·        gee ook nie ’n slotsom tot die bespreking nie

 

2.5       Vra vir min informasie of opinies

 

·        nooi lede nie om te respondeer nie

·        laat lede nie toe om hulself ten volle uit te druk nie

·        moedig praterige lede aan

·        sien lede wat van nature stil is, nie raak nie

 

2.6       Gee te veel inligting en te veel opinies

 

·        praat te veel

·        druk sy persoonlike mening te veel uit

·        maak irrelevante opmerkings

·        bly nie by die onderwerp nie

·        beantwoord sy eie vrae

 

 

Eredienste...

5 September 2010

08:30 Erediens

           Ds. Auke

           Compaan

08:30 Gesinsdiens

            Ds. Lieze

            Meiring

09:30 Silverton
            Ds. Dion

            van Dyk

18:00 Renaissance

           Ds. Arno 

           Meiring       

18:30 Aanddiens

            Ds. Nico

            Swart


Laai preke af...

Tema...


Hierdie week...

Program vir 30 Augustus - 3 September

 

Maandag 30 Augustus

10:00 Gesinsdienswerkgroep

19:00 Nuwe Lidmaatbyeenkoms

 

Dinsdag 31 Augustus

08:00 Leraarsvergadering

15:30 Diens Masonic Haven

18:00 Oggenddienswerkgroep

 

Woensdag 1 September

09:30 Diens Palms

15:00 Dagbestuur

18:00 Aanddienswerkgroep

19:00 Orkesoefening

Donderdag 2 September

09:00 Bedieningsrooster

10:00 Senioraksie

 

Vrydag 3 September

09:00 Erediensafronding