Algemene Inligting
Sekretaresse:
Vir enige navrae kontak Caro Jackson by:
Telefoon: 012 804-7787 / 7165
Faks: 012 804-7271
E-pos: ngkskuil@mweb.co.za
Finansiële inligting:
Die nuwe debietorderopdrag is slegs vir nuwe lede, die bestaande debietorderopdrag is vir die gemeentelede wat reeds bestaande debietorders het en die bedrag wil aanpas. Die vorm kan ingevul word en deur gestuur word aan Loraine Bezuidenhout finansies@skuilkrans.co.za.
Verhuring van kombuistoerusting:
U kan die vorm invul en deur stuur aan Carine von Backström lidmaat@skuilkrans.co.za
Doop:
Doopouers moet ten minste vyf weke voor die beplande doopdatum aansoek doen om te doop.
Doopouers moet 2 doopkategese klasse bywoon alvorens die doop kan plaasvind.
Die aansoek vorm is op die webblad of by die kerkkantoor beskikbaar.
Na voltooiing daarvan moet dit by die kerkkantoor ingehandig word of per e-pos aan lidmaat@skuilkrans.co.za gestuur word.
As u van ‘n ander gemeente kom en net hier wil doop, moet ons ‘n toestemmingsbrief van u huidige gemeente kry wat bevestig dat hul geen probleem het dat u u kindjie by NG Skuilkrans wil doop nie.
Indien u op ‘n ander datum as vasgestelde doopdatum (eerste Sondag van elke maand) wil doop, moet ‘n motiveringsbrief die doopaansoek vergesel en toestemming moet verkry word vir doopdatum.
‘n Foto van die dopeling moet ten minste ‘n week voor die doopdatum na die kerkkantoor gee-pos word.
Alle verdere navrae kan gerig word aan Carine von Backström by tel. 012 804-7787/7165.
Begrafnisdiens:
· Kontak asseblief ’n leraar so gou moontlik om die dag en tyd te bespreek
· Die begrafnisondernemer doen gewoonlik die besprekingby die kerkgebou en tref reëlings met die orrelis
· Teereëlings moet met die kerkkantoor getref word
· Navrae oor die gedenktuin moet by die kerkkantoor gedoen word 012 804-7787
Huweliksbevestiging:
Doen navraag by die kerkkantoor oor die gebruik van die kerk/kapel, ens. Die leraar van u keuse kan geskakel word en die reëlings kan aan hom deurgegee word.
Navraag kan gedoen word by Caro Jackson ngkskuil@mweb.co.za
Kinderkategese:
Kinderkategese (Gr 0 tot Gr 6) word Sondae (gedurende die skoolkwartaal) van 09:30 tot 10:30 gehou. Leier: Mariki Uitenweerde 083 469 3490 of ds Yolandé Giliomee 083 258 2562 yolande@lmt.co.za
Tienerkategese:
Tienerkategese (Gr 7 tot Gr 11) word Sondae (gedurende die skoolkwartaal) van 17:00 tot 18:20 gehou. Leier: Ds Nico Swart 083 282 2248 nico@skuilkrans.co.za of Gerda Mouton 084 588 3438 jeug@skuilkrans.co.za
Volwassekategese:
Volwassekategese vind op aanvraag plaas. Kontakpersoon: Dion van Dyk 012 804 7165 dion@skuilkrans.co.za
Nuwe Intrekkers:
Kontak asseblief Carine von Backström lidmaat@skuilkrans.co.za by die kerkkantoor of vul ’n kontakvorm by die erediens in. |