Saam Gestuur
Ons aanbid, ons raak deel, ons volg, ons dien & ons reik uit
Skip Navigation Links
Tuis
Gebede & dank
Verjaarsdae
Visie & Missie
Wat doen onsExpand Wat doen ons
PersoneelExpand Personeel
Nuus & Gebeure  
Kontak onsExpand Kontak ons
Bankbesonderhede
Algemene Inligting
Vorms & DokumenteExpand Vorms & Dokumente

Aanbidding

Om mense te help om te aanvaar dat hulle aan God behoort en dat God hulle roep tot ’n lewe van aanbidding, deelname, navolging, diens en uitreiking.

 

“Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.”
Psalm 107:1

Die diensterrein van Aanbidding wil graag die gemeente help om ons verhouding met God betekenisvol te beleef en daarin te groei. Daarom word verskeie prosesse en aktiwiteite vanuit ’n *Gereformeerde geloofsbeskouing fasiliteer. Net soos die ander diensterreine is die werk onder diensgroepe verdeel. Die diensgroepe bepaal hulle eie leierskapstruktuur en werkswyse. Hulle word bestuur deur diensgroepkoördineerders wat as diakens sitting op die kerkraad geniet.

(* Met gereformeerd verstaan ons dat God ons eerste liefhet; dat dit wat God doen, belangriker bly as wat ons doen.)

Die volgende diensgroepe bestaan alreeds binne die terrein van Aanbidding (met name van leier/s of kontakpersone en telefoonnommers)  Indien u belangstel om deel te word van een van die diensterreine van Aanbidding kontak asseblief die sekretaresse van  Aanbidding Bessie Keun tel 082 454 6060 of bessie@keuns.com

Eredienswerkgroep:

Om saam te beplan en die Here se boodskap te hoor. Vergader Dinsdagaande 18:00 tot 19:00. Dion van Dyk 072 317 0407

Gesinsdiens:

Om eredienste in ’n kinderidioom te beplan sodat gesinne saam die Here kan aanbid. Petro Vosloo (012 365 02978) en Yolandé Giliomee 083 258 2562

Dieper Delf-dienste:

Om dienste wat veral oor leer en etiese kwessies handel te beplan. Dit vind gewoonlik elke tweede Sondag-aand in die saal plaas. Arno Meiring 082 807 4530

Eredienste vir bejaardes:

Om eredienste by Brummeria Renaissance aftree-oord, Palms Renaissance aftree-oord en Masonic Haven te beplan. Brummeria Renaissance: Chris Marais (012 804 8919). Palms Renaissance aftree-oord: ds Dion van Dyk (083 807 4527). Masonic Haven: Dr Eugen Krüger (012 807 5495)

Deurdiens:

Om erediensgangers vriendelik te ontvang en besoekers tuis te laat voel. Bessie Keun (082 454 6060)

Tafeldiens:

Om die dankoffers op te neem tydens die erediens en die nagmaal uit te deel. Oggend: Thomas Potgieter (082 560 1309); Aand: Frans Stone (082 478 0108)

Elektroniese media:

Om klank en beeldmateriaal by eredienste en byeenkomste te versterk en te projekteer sodat erediensgangers met gemak kan deelneem. Francette Myburgh:Rekenaar (083 283 4482) en Charl Ueckerman: Klank (083 449 6052)

Geleentheidskoor:

Om die gemeentesang aan te vul en te versterk en met spesiale geleenthede op te tree.  Kontak: Bessie Keun (082 454 6060)

Musiekbediening:

Om die gemeente tot aanbidding en belydenis deur sang en musiek te begelei. Musiekorganiseerder: Bessie Keun (082 454 6060)

Gebedsbediening:

Om gebedsinisiatiewe te loods en die saak van gebed te bevorder. Leraarskomitee  012 804 7165

Biblioteek en videobediening:

Om deur uitleen van boeke en video’s lidmate se geloof te versterk. Stienie van Rooyen

(076 979 6337) en Henriëtte de Vos

Kasset- en CD bediening:

Om deur die beskikbaarstelling van eredienste se boodskappe ’n wyer gehoor te bereik. Dirk Verbeek (084 510 4584) en Jeandre Thompson (072 204 7203)

Estetiese diens:

Om deur blomme en simbole die geskikte atmosfeer vir aanbidding aan te bied. Jakkie Botha (082 893 7121)

Leeskring:

Die Leeskring bied boekbesprekings aan waartydens teologiese of populêre geestelike boeke van belang deur ’n kenner bespreek word wanneer die behoefte ontstaan.  Martha Pretorius (083 672 7357)

 

Eredienste...

5 September 2010

08:30 Erediens

           Ds. Auke

           Compaan

08:30 Gesinsdiens

            Ds. Lieze

            Meiring

09:30 Silverton
            Ds. Dion

            van Dyk

18:00 Renaissance

           Ds. Arno 

           Meiring       

18:30 Aanddiens

            Ds. Nico

            Swart


Laai preke af...

Tema...


Hierdie week...

Program vir 30 Augustus - 3 September

 

Maandag 30 Augustus

10:00 Gesinsdienswerkgroep

19:00 Nuwe Lidmaatbyeenkoms

 

Dinsdag 31 Augustus

08:00 Leraarsvergadering

15:30 Diens Masonic Haven

18:00 Oggenddienswerkgroep

 

Woensdag 1 September

09:30 Diens Palms

15:00 Dagbestuur

18:00 Aanddienswerkgroep

19:00 Orkesoefening

Donderdag 2 September

09:00 Bedieningsrooster

10:00 Senioraksie

 

Vrydag 3 September

09:00 Erediensafronding